Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Krisis? Ja, maar hulle bou ’n beter Suid-Afrika

As die heil van elke buurt en dorp, elke plaas en munisipaliteit en distrik slegs afgehang het van die ANC-regering, wat meestal maar ter wille van homself en die behoud van mag bestaan, dan was daar vir geen gesin of boer of sakeonderneming in dié land veel hoop nie.

Soms lyk dit mos of die regering, met sy ideologiese strewe om beheer oor elke aspek van die samelewing uit te oefen, wen, terwyl die ideaal van saambestaan in ryke verskeidenheid vergaan.

Maar terwyl die politici gou belangstelling verloor het in ’n morele en fisieke vernuwingsveldtog op die dorp, het wit en swart onder leiding van die NG dominee besluit daar is te veel op die spel.

Maar verhale soos dié wat Rapport vandag vertel uit Colign en Bela-Bela  wys dat gewone Suid-Afrikaners se moed nie sommer gebreek word deur nuttelose burokrate en rassiste wat teer op konflik nie. Hulle wéét hoe om in ’n krisis ook ’n geleentheid te sien.

Oor Coligny in Noordwes het baie Suid-Afrikaners laasjaar net neerslagtig gesug. Dit het gelyk of die dood van ’n kind die boute heeltemal losgewikkel het wat dié gemeenskap naastenby aanmekaar gehou het. Distopiese beelde van rassekonflik was ’n waarskuwing van wat op die res van Suid-Afrika wag.

Maar terwyl die politici gou belangstelling verloor het in ’n morele en fisieke vernuwingsveldtog op die dorp, het wit en swart onder leiding van die NG dominee besluit daar is te veel op die spel. Dit het met die plant van ’n boom begin; nou vertel inwoners van “vrede en vriendskap” en selfs die dorpshotel dra ’n vars lagie verf. Wanhoop is verdring deur hoop danksy mense wat morele verbeelding én ruggraat het. Selfs ’n man wat laasjaar help afbreek het, het klaarblyklik tot inkeer gekom.

Wanneer die munisipaliteit misluk, maak inwoners die strate skoon. Dit is tegelyk ’n aanklag teen die owerhede en ’n bewys van die durf van die burgery.

Op Bela-Bela is laasweek insgelyks dosyne verhale vertel van boere en plaaswerkers wat sonder staatshulp – en soms ten spyte van die regering se pogings om hulle te pootjie – in die potensiaal van samewerking begin glo en aanhou probeer het tot hulle maniere gevind het om grondhervorming in hul hoekie van Suid-Afrika te laat werk.

Rapport glo dat druk op die regering volgehou moet word om sy grondwetlike plig na te kom, maar is ewe oortuig van nog waarhede: dat net dwase sal nalaat om hande te vat; dat net liggelowiges die beloftes van verbetering in dienslewering sal glo; dat net nihilistiese doemprofete sal sit en wag op die ergste eerder as om in te spring en self iets aan hul lot en die lot van hul naastes te doen. Of dit uit onbeholpenheid is wat die regering fout ná fout begaan en of die rampspoed van ’n ANC-bewind ná Mbeki eintlik op die sinistere implementering van ’n swak plan dui, is nie die vraag nie. Die vraag is wat ons self doen om te keer dat Suid-Afrika in die beeld van die siniese ANC herskep word.

Meer oor:  Krisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.