Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Ons kan besuinig – of gedwing word

Durf ons hoop dat die regering gaan begin luister na die pleidooie van ekonome dat staatsbesteding besnoei moet word, anders stort ons almal saam oor ’n fiskale afgrond?

Durf ons in Jackson Mthembu, minister in die presidensie, se versekering dat die regering nie by die Internasionale Monetêre Fonds wil aanklop vir ’n noodlening nie, die voortekens van vrywillige besuiniging lees?

Want slegs twee opsies bestaan vir die land: vrywillige besuiniging op ons eie voorwaardes of besuiniging op die voorwaardes van ’n uitlener van ’n instansie soos die IMF.

... en daar is steeds rede om te glo dat Dlamini-Zuma slegter nuus vir die ekonomie sou gewees het as Ramaphosa.

Of, nog erger, op die voorwaardes van die Chinese, wie se groeiende skuld-wurggreep op ontwikkelende lande van Afrika tot Asië aktiviste teen neokolonialisme bekommerd maak.

Indien die regering wil hê Suid-Afrikaanse gesinne en beleggers moet ondanks soveel bewyse tot die teendeel glo dat die ANC-regering kan terugtree van die fiskale afgrond, is dit tyd dat pres. Cyril Ramaphosa konkrete aanduidings begin gee van dit waaraan ons so mank gaan: politieke wil.

Want vir 18 maande al kry ons net leë beloftes dat ons land eersdaags sal voldoen aan die voorwaardes vir hoër ekonomiese groei, dat daar ’n plan is om Eskom in drie te verdeel en te stroomlyn, dat die staat se salarisrekening te groot is, en selfs uit sekere oorde in die regering dat dit uiteindelik tyd is om vir ’n belegger in die Suid-Afrikaanse Lugdiens te soek.

Maar net soos Ramaphosa onthou ook ons dat dit die kommuniste en die vakbondbase was wat met skatryk sakeleiers saamgespan het om te verseker dat Ramaphosa, eerder as dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in Desember 2017 by Nasrec verkies is as president van die ANC – en daar is steeds rede om te glo dat Dlamini-Zuma slegter nuus vir die ekonomie sou gewees het as Ramaphosa.

Ramaphosa is bloot besig om die drie groeperinge wat hom rakelings laat wen het, een vir een vir hul lojaliteit te betaal, maar hy begin aan die linkerkant eerder as die regterkant deur Cosatu en die staatsgesinde SAKP te paai. Eintlik moet hy na sy sakelui-donateurs luister oor wat hy moet doen om die afgang te stuit.

Daarom belowe Ramaphosa van dag een af al dit waarvoor die geld ontbreek, naamlik ’n bevriesing van afleggings in die staatsdiens, en rep hy niks oor die privatisering van nie-presterende staatsbates nie. Nog nie ’n enkele beduidende “kredietpositiewe” aankondiging is gemaak nie. Die kabinet druk wel die wetsontwerp oor die onbekostigbare Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) deur. Dít kan ’n tree vorentoe oor die afgrond wees.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Rapport Sê  |  Hoofartikel  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.