Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Wanneer eenheid verraad word

Pres. Cyril Ramaphosa en sy vertrouelinge veg die naweek ’n verwoede stryd binne die party se nasionale uitvoerende komitee na aanleiding van die bevindinge wat die openbare beskermer teen hom gemaak het oor die finansiering van sy veldtog om ANC-president te word. Dit terwyl die hele land kan sien dis ’n versinde, kunsmatige krisis wat in sy eie party geskep is om hom te probeer uitknikker of minstens te verlam.

Dieselfde geld die versinde drama teen Pravin Gordhan, die man wat ’n einde moet maak aan die Eskom-krisis, die enkele grootste krisis wat die land in die gesig staar. Die verdagmakery van Gordhan is selfs lagwekkender as die aantygings teen Rama­phosa – dis immers al baie jare oud, tot vervelens toe ondersoek en die mense agter die bewerings al by herhaling ontmasker.

Met adders teen jou boesem soos Ace Magashule, Malusi Gigaba, Nomvula Mokonyane en Carl Niehaus gaan jy nooit wen nie.

En terwyl die ANC in Irene onder mekaar baklei, sit die land en naels kou. Ons wonder waarom die ontknoping van Eskom nou nog nie rigting gekry het nie, ’n plan wat dieselfde ANC al 20 jaar gelede – ja, jy het reg gelees, TWINTIG jaar gelede – al in sy energie-witskrif voorgestel het, maar te ideologies verdeeld is om uit te voer?

Wat het verander? Niks.

Die party is nog steeds ideologies te verdeeld om die bul by die horings te pak. Niemand is bereid om die plan met wilskrag en politieke waagmoed deur te hamer sodat ons hierdie krisis verby kan kry nie.

Ramaphosa het by herhaling gesê eenheid in die ANC is sy hoogste voorkeur. Maar dinge werk nie, meneer die president.

Met adders teen jou boesem soos Ace Magashule, Malusi Gigaba, Nomvula Mokonyane en Carl Niehaus (ja, hulle sit nou almal in Luthuli-huis en trek salarisse wat nugter weet waarvandaan kom) gaan jy nooit wen nie.

Eskom kan vinnig reggeruk word, maar jy sal dit waaragtig nie doen deur eenheid in die party na te streef nie.

Terwyl die ANC sit en tjommel oor wat om te doen met ’n verslag van ’n openbare beskermer wat pas deur die hoogste hof in die land ontmasker is as ’n leuenaar, betaal die land die prys – R59 miljard wat Tito Mboweni Dinsdag moes bymekaarskraap om die sterwende Eskom ’n bietjie langer aan die ventilator gekoppel te hou. En so sluip ons onverbiddelik nader aan die fiskale afgrond.

Daar kom ’n punt waar die behoud van eenheid in jou party gelyk staan aan ekonomiese hoogverraad, meneer die president.

En Suid-Afrika is nie ver van daardie punt nie.

Meer oor:  Carl Niehaus  |  Nomvula Mokonyane  |  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Faksies  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.