Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Redakteursbrief: Metro Beeld-Suid

Dit was so lekker om Vrydagaand te aanskou hoe honderde vroue gemaklik in hul eie vel voel.

Ons was by die bekendstelling van die 7% Tribe, ’n projek wat ten doel het om Suid-Afrikaanse vroue te bemagtig (lees die berig op bl. 6). Die feit dat elke vrou in haar mooiste uitrusting by hierdie glansgeleentheid by Steyn City in Midrand opgedaag het en dus die ene selfvertroue was, was reeds bemagtigend.

Die organiseerders het boonop deeglik in hul doel geslaag om ’n netwerk te skep: ’n Samehorigheid en ’n omgeekultuur het onmiddellik tussen die vroue geheers.

Masechaba Ndlovu, omroeper by Metro FM, het tydens die gesprek oor die geslagsgaping in die werkplek gesê vroue moenie met mans meeding of probeer om soos hulle te wees nie. Dis jammer dat vroue dikwels voel dis nodig. Inderwaarheid straal ’n vrou ’n eiesoortige onwrikbaarheid uit as sy haar vroulikheid aangryp sonder om daarvoor om verskoning te vra.

Ons kan die toekomstige vroueleiers juis bemagtig deur onsself te wees. Die jong meisies sal dan besef jy hoef nie by ’n manswêreld aan te pas om ’n leier te wees nie.

Jy hoef nie jou vroulikheid op te gee om ’n magsposisie te beklee nie.

Metro-groete

Jeanelle

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.