Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Redakteursbrief: Metro-Beeld-Suid

Metro-Beeld-Suid berig dié week oor verskeie vieringe.

Jeanelle Greyling

Op bl. 3 vier ons saam met die Wes-Randse groep WONDERboom die nuus dat Guns N’ Roses hulle uit al die top-rockgroepe in die land gekies het om vir hulle te open. Dis verblydend as iemand wat van jou valley kom sulke hoogtes bereik. Dit gee ’n mens sommer hoop dat jy ook tot enigiets in staat is.

Ons besonderse leerlinge kry hul kollig op bl. 7 waar hul prestasies gevier word.

En op bl. 8 vier ons die dapperheid en deursettingsvermoë van rolstoelgebruikers soos Lindokuhle Mtshali (26) wat besluit het hul gebreke sal hulle nie daarvan weerhou om álles te doen wat ander doen nie. Mtshali is boonop ’n ambassadeur vir rolstoelgebruikers en leer mense om hulle nie vlak te kyk nie.

Laastens vier ons op die voorblad die sewejarige Adriaan de Jongh se nuwe lewe ná sy operasie. Adriaan se ma sê noudat sy ore geopereer is, spot die kinders hom nie meer nie en hy het opnuut selfvertroue.

Ons vergeet soms hoe wreed kinders met mekaar kan wees. Pleks daarvan dat hulle by ons leer hoe om ander af te breek, moet ons hulle leer om mekaar te vier.

Metro-groete

Jeanelle

Meer oor:  Jeanelle Greyling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.