Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
SA verloor sy vermoë om mee te ding

Die departement van handel en nywerheid se aansporingsprogram vir motorvervaardigers was in ’n stadium een van die suksesverhale van die regering en het juis internasionale motorhandelsmerke, soos BMW, Volkswagen, Mercedes-Benz, Nissan, Toyota en General Motors, gelok om elke nou en dan nog ’n paar miljoen rand te belê in hul plaaslike motorfabrieke. 

Ondanks ’n stram arbeidsmark het dié interna­sionale reuse dit aantreklik gevind om Suid-Afrika die basis te maak vir die vervaardiging van sekere van hul modelle vir uitvoer na ander streke.

Hulle het ook graag modelle van oorsee ingevoer sodat Suid-Afrikaners seker van die grootste keuses het as dit by wiele kom.

Totale motorverkope in Suid-Afrika het gevolglik ’n toppunt bereik tussen 2006 en 2007 voordat die internasionale geldkrisis en resessie van 2008 en 2009 ’n insinking veroorsaak het. 

Daarna het dit fluks herstel, maar verkope het die afgelope jaar of twee weer skerp gedaal, hoofsaaklik weens ’n swakker ekonomie, wat huishoudings en maatskappye met minder besteebare inkomste gelaat het om op luukses, soos ’n nuwe motor, te bestee.

General Motors sê sy besluit om nie meer Chevrolet-motors in Port Elizabeth te vervaardig nie is omdat hy elders beter waarde vir geld kan kry – geen pluimpie vir die land as beleggingsbestemming nie. Vir Port Elizabeth wat wil naam maak as ’n nywerheids- en uitvoerstad, is dit nog ’n groter slag.

In 1986 was dit ook ’n slag toe General Motors weens apartheidsanksies hom aan Suid-Afrika onttrek het. Hopelik kan Isuzu Suid-Afrika met goeie sakevernuf die impak op werkverliese versag.

Hoewel General Motors ontken sy besluit is deur plaaslike ekonomiese of politieke gebeure beïnvloed, moet ’n mens oogklappe hê om mis te kyk hoe Suid-Afrika onder pres. Jacob Zuma sy vermoë om internasionaal mee te ding verloor.

Suid-Afrikaanse maatskappye fokus lankal meer van hul beleggings na oorsese teikens en internasionale myngroepe raak ontslae van hul Suid-Afrikaanse bates. 

Dit is ’n tendens wat sal voortduur totdat die regering ’n sakevriendeliker omgewing skep en daar leierskap is wat verstaan hoe ’n oop ekonomie suksesvol kan funksioneer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.