Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad en Die Burger sê: Hofuitspraak moet optrede inlui
Regter Dunstan Mlambo, regter-president van Gauteng. Foto: Sarel van der Walt

Dat die Seriti-kommissie se duur ondersoek na die wapenskandaal nie die weg na omvatten-de vervolging vir korrupsie en staatskaping berei het nie, was lankal duidelik – buiten vir dié wat agter die gerieflike “bevindings” kon skuil.

Dit het ’n stryd geverg, maar die hooggeregshof se uitspraak wat die Seriti-kommissie se bevindings na die wapenskandaal ter syde stel, bevestig dat dié ondersoek ’n misoes was. En by implikasie die Zondo-kommissie se werk knou.

Die uitspraak van regter Dunstan Mlambo verlede week gee ook erkenning aan die werk van kampvegter-organisasies soos Corruption Watch en Right2Know (wat die aansoek in die hof ingedien het), en individue wat hulle daaraan toegewy het om die wapenkorrupsie te ontbloot.

Wat nie ongedaan gemaak kan word nie, is die R137 miljoen wat die Seriti-kommissie gekos het (al is dit in Suid-Afrika kleingeld aan vermorste besteding) en die kans om staatsplundering tot by die bron van die kwaad, naamlik die wapentransaksie, na te speur en regsoptrede aan te beveel.

Sleutelgetuies se getuienis en belangrike vorige uitsprake is verontagsaam.

Pleks hiervan het die kommissie – waarvan die 10 getuienisleiers saam R50 miljoen per jaar verdien het – hom as ’n ruggraatlose marionet laat misbruik om die verdagtes se dekmantel te dien.

Sleutelgetuies se getuienis en belangrike vorige uitsprake is verontagsaam. Ondanks beweringe van bedrog en korrupsie is verdagtes kwytgeskeld.

Uit politieke en ander oorde kry die kommissie nou slae – sy werk was ’n regsdwaling, onwettig en inkonsekwent; die regter moet verantwoording doen; en hy en sy aanstellers moet betaal.

Ewe welkom is dat oudpres. Jacob Zuma in sy verhoor oor beweerde korrupsie met die wapentransaksie nie meer agter die Seriti-kommissie se bevindinge kan skuil nie.

Klarigheid ontbreek oor hoe Seriti, wat by sy verslag staan, aanspreeklik gehou en die onbevredigende werk afgehandel moet word.

Nog ’n kommissie gaan nog geld kos. Die “nuwe” nasionale vervolgingsgesag moet eers sy spore verdien. Die Zondo-kommissie steier reeds onder opgehoopte getuienis oor die land se korrupsie-las.

En die ANC-magstryd dreig om die presidensiële gesag lam te lê vanwaar beslissende optrede gebied moet word. Intussen stap ook die smalende wapentransaksie-bedrieërs skotvry rond.

Meer oor:  Seriti-Kommissie  |  Hofuitspraak  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.