Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: 337 se sein teen JZ
Jacob Zuma
Oudpres. Jacob Zuma

Dit was dringend nodig dat progressiewe stemme in die land ook van hulle laat hoor oor die aanslag teen die Grondwet. En die diverse individue wat die groep van 337 opmaak as deel van die Defend our Democracy-veldtog, gee hul verklaring soveel meer trefkrag.

Heelwat van diegene was immers ten nouste betrokke by die vorming van die land se nuwe demokratiese bestel, wat nou in die eerste plek uitgedaag word deur rolspelers in baie van hulle se geliefde bevrydingsbeweging – die ANC. Daarom is dit belangrik dat juis ook belangrike oudstryders uit die ANC-dampkring betrokke raak.

Hul protesoptredes sal ’n belangrike rol speel om die Jacob Zumas – wat hulle spesifiek noem as “ ’n voormalige president” – en Ace Magashules te isoleer en uiteindelik aan die pen te laat ry weens hul strooptog van die staatskas deur staatskaping.

Dit is wel nodig dat die groep besef die Grondwet en die demokrasie word nie net bedreig as die “verkeerde faksie” in die ANC oorneem nie. Hulle kan nie net ’n reddingspoging wees vir die “goeie mense” in die ANC nie. Hulle gaan duideliker leiding moet gee oor watter optrede van politieke rolspelers in ’n grondwetlike bestel nodig is om dit te laat slaag.

Tans is daar veel groter bedreigings vir ons demokrasie as die teedrinkery by Nkandla deur ’n spulletjie wat reeds aan die hardloop is.

Tans is daar veel groter bedreigings vir ons demokrasie as die teedrinkery by Nkandla deur ’n spulletjie wat reeds aan die hardloop is.

Dienslewering op plaaslike vlak wat uitmekaarval; die volgehoue aanstelling en heraanstelling van korrupte kaders wat aanhou steel; besoedeling van ons waterbronne deur rioolvuil; kontakte eerder as bevoegdheid as kriteria vir kernposte; die kanalisering van geld weg van dienslewering om dit in die dooie SAL in te pomp ter wille van politieke steun deur vakbonde; verbreking van verkiesingsbeloftes om die kabinet en die staatsdiens te verklein vir betekenisvolle besparings en oplaas herhaalde waarskuwings deur Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, dat die regering in gebreke bly om enige aspekte van die ekonomiese groeiplanne in werking te stel.

Wanneer die 337 die kwessies reguit en by die naam begin noem en aansluit by burgerlike organisasies, wat spesifieke hofbevele vra om in te gryp en te keer, sal hulle werklik ’n verskil begin maak.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Defend Our Democracy-Veldtog  |  Hoofartikel  |  Demokrasie  |  337
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.