Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Ace se skuiwe van LUR’e is politiek eerder as prakties

Weens die gebrek aan klinkklare inligting ter stawing van sy beweegredes, is dit moeilik om ’n greep op premier Ace Magashule van die Vrystaat se skommeling van sy uitvoerende raad te kry. Die beste motief vir skuiwe sou beter aanwending van kundigheid en diens aan die provinsie en sy mense gewees het.

Of die skuiwe van sy LUR’e en die aanstelling van een nuwe LUR – Maki Mahasa as LUR vir maatskaplike ontwikkeling – wel die gewenste resultaat gaan lewer, bly te siene.

Die spesmaas dat dit hier veel eerder oor politieke aanstellings gaan, word versterk deur Magashule se bevestiging – op ’n nuuskonferensie – dat sy aankondiging deur gesprekke met die (ANC-gerigte) provinsiale uitvoerende komitee, die ANC-jeugliga, ANC-vroueliga en die nasionale leierskap oor herstrukturering vooraf gegaan is.

Met soveel partye wat tevrede gestel moet word, kry populisme voorrang en nie noodwendig geskiktheid vir ’n spesifieke pos nie. Dit klink soos skuiwe van ’n politieke marionettemeester van pionne op ’n skaakbord ter wille van interne strategiese redes eerder as dat die groter belang van die provinsie gedien word.

Magashule voer aan die skuif van Sisi Ntombela van maatskaplike ontwikkeling na samewerkende regering en tradisionele sake (voorheen onder Olly Mlamleli, nou Mangaung-burgemeester) is omdat dit ’n baie moeilike portefeulje is.

Vanweë haar “skitterwerk” by maatskaplike ontwikkeling is sy, volgens Magashule, dus die aangewese kandidaat om dié departement op koers te hou. Teoreties gesproke maak dit sin, alhoewel almal nie in dieselfde koor oor Ntombela se bekwaamheid sal saamsing nie. Juis onder haar moes maatskaplike instellings, insluitende aftreeoorde en kinderhuise, hulle tot die hof wend vir die subsidie wat hulle ter oorlewing nodig het.

Onder Benny Malakoane het dit klaaglik by gesondheid gegaan. Butana Komphela verstaan die kuns van politieke sigbaarheid en skakeling. Sy waardetoevoegende praktiese bydrae dáár sou welkom wees.

Die aanstelling van Mahasa – glo ingevolge partybeleid oor die aanstelling van vroue en jeugdiges in sleutelposte – het dadelik vrae ontlok.

Al wat seker is, is dat die vrot bestuur van die Vrystaat steeds gaan gedy.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.