Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Die stemme van studente, ouers vir orde moet geld

Te midde van die geweld teen universiteite en kampusse wat in ’n eksamen gesluit is, het daar wel iets positiefs in die #FeesMustFall-chaos gebeur: Meer en meer wetsgehoorsame studente, ouers en ondersteuners van ’n geordende samelewing dring daarop aan dat hul stemme ook gehoor word.

Plaaslik is Kovsies Stabilis, ’n beweging wat ’n platform bied aan die meerderheid studente, hul ouers, personeel, alumni en belanghebbendes wat op die voortsetting van die normale akademiese en administratiewe aktiwiteite by die Universiteit van die Vrystaat (UV) aandring, dié week in die lewe geroep.

By die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth (NMU) het die “stille meerderheid” ook begin stemme dik maak. Meer as 4 500 ouers het opgestaan en met die hulp van ’n prokureur ’n aanmaning aan die NMU-bestuur gestuur.

Solidariteit en AfriForum sê hulle sal ook waar hulle lede en studente het, sorg dat soortgelyke stappe gedoen word met Maandag se opening van kampusse reg oor Suid-Afrika om te verseker dat dit veilig is en hulle reg om te werk en te studeer nie geskend word nie.

Kovsies Stabilis beywer hom daarvoor dat studente weer van Maandag af aan hierdie instelling kan doen waarvoor hulle ten duurste betaal: Om te studeer in ’n veilige omgewing sonder om geïntimideer te word.

Die UV sê hy is daartoe verbind om seker te maak dat die akademiese program wel Maandag hervat sal word en dat studente voldoende beskerming geniet. Met die EFF se Student Command wat egter volhou hy gaan van Maandag aanhou om kampusse te ontwrig, is die vraag watter stappe universiteite moet doen om seker te maak die oorgrote meerderheid studente kan wél studeer én die brandstigters en klipgooiers word die kampusse belet.

Die UV se besluit om die kampus vroeg te sluit, was die regte een. Maar om hom nou oop te hou, sal die UV beter as aan die begin van die jaar moet vaar. Universiteitsowerhede kan begin om te luister na die meerderheid studente en ouers.

Dit is ook tyd dat die burgery druk op ’n slap president en regering plaas voordat die geweld na skole, hospitale en munisipaliteite uitkring.

Meer oor:  Ouers  |  Universiteite  |  Studente  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.