Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Elke inwoner moet oor waterbesparing besin

Die water wat so vanselfsprekend daagliks uit krane vloei wanneer dit oopgedraai word, word in die huidige droogte vinnig een van die skaarsste – en dalk duurste – kommoditeite.

Talle dorpe in die sentrale binneland ervaar reeds geruime tyd hoe die gebrek aan water ’n hele gemeenskap kan verlam. Hiertoe dra swak dienslewering by. Enkele voorbeelde is Senekal wat nou net elke tweede dag water het. Brandfort het permanent probleme met waterlewering en Villiers se inwoners het weens die munisipaliteit se onvermoë self ’n waterpomp herstel.

Voorspellings dat die water heeltemal kan opdroog indien dit nie binne sowat twee maande goed reën nie, is uiters kommerwekkend. Sonder water is daar nie lewe nie.

Die vlak van die Vaaldam, wat as die waterkern van die land beskryf word, staan op 29% teenoor ’n jaar gelede se 60%. Die Gariepdam, die grootste in die land, staan op 56% teenoor 63% in 2015. Die Koppiesdam het slegs sowat 32% water, waar dit verlede jaar 71,2% vol was. Die Katsedam staan op 41%.

Nog ontstellender is die besmetting van dié waterbronne. ’n Rubriek op die blad hiernaas dui aan dat luidens ’n WNNR-verslag van 2014 altesaam 50 van die land se grootste damme, ook die Gariep- en die Vaaldam, toksiese bakterieë bevat. Met die dalende watervlakke het die konsentrasievlakke hiervan verdubbel.

Die vraag is of Jan en alleman, maar veral politici, die omvang van die waternood besef.
En indien wel, wat is die planne? Bestaan die wil na alle kante toe om daadwerklik saam te werk om die land se waterbronne te beskerm en bewaar?

  • Elke liewe inwoner moet self ook ’n besluit neem om water te spaar. Die geringste poging kan kollektief ’n groot verskil maak, soos: Dink eers voordat jy water gebruik. (Draai byvoorbeeld die kraan toe terwyl jy tande borsel!)) Maak gryswater deel van jou waterverbruik. Ook in die groter konteks, soos die boubedryf.) Kry ’n tenk en as die reën kom, vang dit op.) Verseker dat lekkende pype en krane onmiddellik aandag kry.) Vergeet van tuin natmaak en swembad vol maak. Water is nou net te kosbaar daarvoor.
Meer oor:  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.