Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Ficksburg-beleg is deel van lojale verset wat groei
Boere en taxibestuurders het Woensdag van 06:00 buite Ficksburg paaie versper sodat die regering kan kennis neem van die haglike toestand en optree. Foto: Mlungisi Louw

Dit is tragies dat, soos by Ficksburg, inwoners so ver moet gaan om paaie af te sper om owerhede te kry om te doen wat hulle moet.

Hoewel die padbeleg van Sechaba sa Ficksburg (“Mense van Ficksburg”) positiewe stukrag ontketen het, is dit nie die ideaal nie. Dit is wel een van die gevallestudies van Suid-Afrikaners wat, hetsy deur protes, bewusmaking, regsoptrede, samewerking of ’n kombinasie, in die aangesig van dekade lange versuim self ingryp om dienste af te dwing of self te lewer en hul gemeenskappe te probeer red.

Die ANC-regering op alle vlakke in wie se handleiding diens en instandhouding vloekwoorde is, laat hulle sonder ’n ander keuse.

Sover dien die ingryping by Koster waar dienste oorgeneem is, as die model van lojale verset en konstruktiewe ingryping.

In politieke opsigte is die ontwaking ook te bespeur in die DA se gewilligheid om met “hervormers” in die ANC saam te werk, 12 Afrikanergroepe se ooreenkoms met die Thabo Mbeki-stigting en die groep van 337 se Grondwet-veldtog.

Hier waar boere én taxi-eienaars in dieselfde juk getrek het, lê die blywende waarde in die verfrissende samewerking oor historiese grense heen.

Met Sechaba sa Ficksburg se optrede, waar boere én taxi-eienaars in dieselfde juk getrek het, lê die blywende waarde in die verfrissende samewerking oor historiese grense heen. Mense het verskille én geskille agterweë gelaat en hulle sonder geweld of plundery vir ’n gemeenskaplike doel beywer. Terwyl hulle mekaar beter geleer ken het.

In ’n provinsie waar politieke ampsdraers hul pos beskou as ’n betaalsone vir partypolitieke werk, het die Ficksburg-beleg die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, gekry om na hulle te gaan luister. Noodplanne is aangekondig om die paaie hier, wat in die afgelope tyd ses slagoffers geëis het, te probeer rybaar maak.

Natuurlik is dit ’n tydelike pleister. Feitlik landwyd verg vervalle infrastruktuur algehele opknapping of vervanging. Of die ontwrigte padgebruikers daardie dag in hul skik was, is te betwyfel. Natuurlik het beswaarde belastingbetalers wat nie dubbel vir diens wil betaal nie, ook ’n punt beet.

Waardegedrewe druk deur groepe met die gemeenskaplike doel om wanbestuur uit te roei of ten minste te omseil is ’n netelige maar nodige pad.

Maar só dryf die ANC die lojales bymekaar wat bymekaar hoort en ’n verskil wil meebring.

Meer oor:  Boere  |  Taxibestuurders  |  Samewerking  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.