Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Herstel ‘Rosestad’ deur duur kaders in die pad te steek
Sisi Ntombela, Vrystaatse premier. Foto: Thladi Moloi, Volksblad

Voordat oor die Mangaung-metroraad se 2020-omkeerplan uitgewei word, moet gekyk word na die verstommende 190 politieke kaders wat in die burgemeesterskantoor en dié van die speaker ontplooi is.

Die vanselfsprekende vrae is: Hoeveel van Mangaung se reeds buitensporige salarisrekening van R140 miljoen per maand word na dié kaders “herontplooi”? Wat doen dié “politieke aanstellings” om die geld te verdien? En hoekom is die stad met soveel “kundiges” in so ’n toestand dat dit uiteindelik onder administrasie geplaas word?

Van die aansluitende vrae is wat die sogenaamde omkeerplan vir Mangaung sy belastingbetalers bykomend kos. En of dit ’n verskil gaan maak?

Dit is te betreur dat die ingryping enigsins nodig is. Hoekom is die werk die laaste jare nagelaat? En gaan dissiplinêr oor versuim opgetree word?

’n Groot verskil kan gou gemaak word deur die stad skoon te maak, waterlekke en rioolverstoppings te herstel en gras te sny.

Dit bemoedig ook nie dat die Vrystaatse provinsiale regering, wat ook ’n kandidaat vir ingryping is die administrasie van Mangaung dryf nie.

Laastens, het adv. Mzwakhe Mofokeng, wat as Mangaung-administrateur aangestel is, ’n onbewese prestasiegeskiedenis. Hef aan wag vir hom en sy span.

As die mislike stand van Mangaung nie omkeer nie, is die dreigement van die twee adjunkministers, dr. David Masondo (tesourie) en Parks Tau (samewerkende regering) dat die metroraad ontbind sal word, iets om na uit te sien. Al jammerte is dié ontbinding sal geskied onder premier Sisi Ntombela wie se provinsiale uitvoerende raad deel is van die oorhoofse politieke probleem, bekend as die ANC.

Teoreties is Mofokeng reg. ’n Groot verskil kan gou gemaak word deur die stad skoon te maak, waterlekke en rioolverstoppings te herstel en gras te sny. Oor onkruid en slaggate is niks gesê nie. Al dié goed moet in elk geval gebeur.

Dit geld ook fase twee, herstel van finansiële bestuur en invordering van skuld, en fase drie, stabilisering.

Sien is glo oor Mofokeng se belofte dat die Rosestad in ses maande gaan herrys. Al begin sou wees die aflegging van die trogvreters in die kantore van die burgemeester en speaker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.