Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Hóór ons nou oor grondonteiening, vra landbou
Foto ter illustrasie

Te midde van die Covid-19-pandemie het die kwessie van grondhervorming ietwat op die agtergrond geskuif, maar die onrus oor die saak van onteiening sonder vergoeding wyk nie.

Voorheen het pres. Cyril Ramaphosa gerusstellend volgehou dat grondhervorming en onteiening nie mag plaasvind op ’n wyse wat ekonomiese groei of voedselsekerheid in die gedrang bring nie.

Daar is egter nog géén detail oor presies hoe dít vermag gaan word nie, terwyl die indruk steeds bestaan dat hy ANC-partysake nie behoorlik in bedwang het nie. En dís presies waar die knoop lê.

’n Mens sou graag Ramaphosa se versekerings aan die internasionale gemeenskap en Suid-Afrikaanse burgers oor grondhervorming volledig ter harte wou neem. Feit is egter dat hy in ’n fel stryd gewikkel is met die oorblywende agente van staatskaping. Ook is daar selfs onder die sogenaamde hervormers in die ANC geen eenstemmigheid oor die praktiese toepassing van onteiening sonder vergoeding nie.

Hopelik het Ramaphosa ’n kritieke massa van steun om hom en langasem-vegters wat sy hande in die stryd om konstruktiewe grondhervorming kan sterk. Dit kan ’n beslissende geveg wees.

Die geluk by die ongeluk is dat wysigings aan art. 25 van die Grondwet nie aangebring kan word sonder ’n tweederdemeerderheid nie.

Die geluk by die ongeluk is dat wysigings aan art. 25 van die Grondwet nie aangebring kan word sonder ’n tweederdemeerderheid nie. Terwyl sommige aanneem die EFF sal sy steun agter die ANC inwerp, is dit nog glad nie ’n uitgemaakte saak nie.

Die EFF eis die nasionalisering van grond sonder vergoeding sodat dit aan mense verhuur kan word. Dit is nie deel van die ANC se planne nie.

Nogmaals, as dít die geval gaan wees, is dit belangrik dat Ramaphosa se hande deur die middelgrond gesterk word. Ewe nodig – en hopelik besef Ramaphosa dit – is dat ons boere se hande gesterk word. In soveel gesprekke om grond is die doelpale al telkemale verskuif. Soveel miljarde rande is verspil, soveel hoopvolle gesprekke met die ANC en regering het op niks uitgeloop nie.

Nogtans moet georganiseerde landbou, soos Vrystaat Landbou, volhou met sy bewusmaking van die risiko’s van onteiening sonder vergoeding.

Ramaphosa se “Stuur my” is die boodskap wat gehoor is deur georganiseerde landbou. Die landbou stuur nou ook ’n boodskap: “Hóór ons nou, asseblief.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.