Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Laaste hoop vir VS is dat ANC by stembus slae kry
Ace Magashule Foto: Argief

Wat het geword van die beloftes van beter bestuur in Vrystaatse munisipaliteite?

In Oktober verlede jaar het pres. Cyril Ramaphosa in Mangaung gesê sy regering se fokus gaan op verswakte munisipaliteite val, vir skoon regering. Burgemeesters, uitvoerende komitees en hoofswepe wat nie presteer nie, sal afgedank word. Kaders wat bedrieg en geld vermors, sal nie beskerm word nie, het hy beloof.

Dit is ’n jaar later en die Mangaung-metromunisipali-teit is nog slegter af as in 2019. Of soos opposisieraads-lede dit stel: Die munisipaliteit is ’n leë dop wat onder Ace Magashule gekaap is, leeg geplunder word en ’n Zondo-kommissie van sy eie nodig het.

Olly Mlamleli, aangeklaagde in die asbesdakskandaal, is wel ná ’n mosie van die VF Plus as uitvoerende burgemeester uitgeskop, maar laat steeds haar stem in die raad geld – met die seën van die Magashule-faksie in die verdeelde ANC-kring. Dieselfde politieke leiers en sleutelamptenare wat Magashule in 2016 ontplooi en laat aanstel het, hou die leisels. En sedert 2016 dompel hulle Mangaung boekjaar ná boekjaar in groter ellende.

Met roekelose en twyfelagtige besteding wys die politieke leiers en sleutelamptenare duidelik die belange van inwoners is nie deel van hul prioriteitslys nie.

Met geen gevolge of straf vir wanprestasie, onreëlmatighede en plundery nie, gaan dié agteruitgang nié gestuit en omgekeer word nie. Die pad vorentoe is donker, met ’n swak begroting, daaglikse verval van infrastruktuur, basiese dienste wat nie meer gelewer kan word nie en onreëlmatige besteding wat op R889 miljoen staan.

Met roekelose en twyfelagtige besteding wys die politieke leiers en sleutelamptenare duidelik die belange van inwoners is nie deel van hul prioriteitslys nie.

Terwyl daar nie geld is om die basiese dienste te lewer en basiese infrastruktuur te onderhou nie, laat staan nog uitbreiding en ontwikkeling, word miljoene onder meer bestee aan ’n ontwikkelingsprojek by die lughawe waar nog geen sooi gespit is nie, ’n vervoernetwerk waarvoor vir R425 miljoen nog net tien busse gewys kan word en ’n Casspir-voertuig vir ’n metropolisiediens wat nie bestaan nie. Tenderpreneurs lag bank toe terwyl Man-gaungers steier onder die jare lange swak stadsbestuur.

Ander Vrystaatse stede en dorpe steier ook onder ANC-patronaatskap en munisipale plundery. Eintlik regverdig Mangaung ’n Zondo-kommissie op sy eie, soos berig is, en so ook elke Vrystaatse munisipaliteit. Met ’n provinsiale regering wat nie die swak plaaslike regering en plundery kan of wil omkeer nie, is dringende daadwerklike ingryping van die hoogste regeringsvlak af, soos wat Ramaphosa beloof het, al uitweg.

Gebeur dit nie, is die laaste hoop dat Vrystaatse kiesers die ANC by die stembus die drag slae gee wat hom toekom. Geen wonder nie dat al spottend na die Vrystaat as die “mini-republiek van staatskaping” verwys word nie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Vrystaat  |  Staatskaping  |  Korrupsie  |  Staatsbesteding  |  Plundering  |  Stembus  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.