Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Lang herstel wag, maar veldbrande open ook harte
Van die voer wat geskenk is aan boere wat verlede week onder verwoestende veldbrande deurgeloop het. Foto: Chris van Beljon

Die verwoestende veldbrande wat dele van die Wes-Vrystaat en ook die Vaalharts-streek in die Noord-Kaap getref het, was ná die droogte, plaasaanvalle en -moorde (ook die onlangse Senekal-gebeure) en die gewone politieke en ekonomiese aanslag die allerlaaste ding wat ons streek se beleërde landbougemeenskap nodig gehad het.

Saam met die vlammehel, wat na raming minstens 200 000 ha veld verwoes en vee en wild doodgebrand het, en skade van miljoene rande, het die vuurramp tog die sluise van welwillendheid geopen en kon landbouers in hul uur van nood troos en moed daaruit put.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê honderde mense en instansies van oor die land heen het hul hart oopgemaak en uitgereik na die boere van die Vrystaat. Die brande het boere tot naby breekpunt gedwing, maar die bykans ongekende openbare steun het hul gemoed gesalf.

Inderdaad het die aanbiedinge van hulp met fone wat onophoudelik gelui het en die stroom vragmotors met voer wat net opgedaag het, getuig daarvan hoe na die landbou-gemeenskap aan Suid-Afrikaners se hart lê.

’n Groep boere van die droogte-geteisterde Hantam beplan selfs om skape na die verbrande Wes-Vrystaat te stuur uit meelewing met hul eweknieë hier.

’n Groep boere van die droogte-geteisterde Hantam beplan selfs om skape na die verbrande Wes-Vrystaat te stuur uit meelewing met hul eweknieë hier, wat weer gehelp het in die Noord-Kapenaars se uur van nood.

Ondanks die hulp staan die geteisterde boere voor enorme uitdagings. ’n Lang herstelpad wag – onder meer by Boshof, waar 80% van die plase afgebrand is. Dit bly te siene of die regering daadwerklik gaan reageer op die oproepe om die verbrande dele tot rampbestuursgebied te verklaar.

Die vals noot is dat die brande by Hertzogville begin het toe inwoners wat teen swak dienslewering betoog het, ’n brandende watertenk van plastiek tot in die veld gerol het. Mense het in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld en saakbeskadiging, maar die skade is gedaan.

Onder ’n funksionele regering moes dié soort mensgemaakte ramp vermy gewees het. Elders was moeilike weerstoestande bevorderlik vir brande.

Alle organisasies, hetsy vir brandbestryding, georganiseerde landbou of noodleniging, en individue wat ingespring het, verdien dank en waardering.

Meer oor:  Hertzogville  |  Boere  |  Brande  |  Veldbrande  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.