Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Mangaung-metro moet hom skaam – as hy net kon
Olly Mlamleli. Foto: Argief

Briefskrywers in Volksblad het gesê wat te sê is oor die Mangaung-metro se hoër salarisse en hoër tariewe in die lig van Covid-19, grendeltyd en die stand van die stad.

Hulle spoel ten regte mond uit daaroor dat veral die stadsleiers – natuurlik – eerste vir hulself sorg.

Die eiegeregtige hebsug van diegene wat morele leierskap behoort te toon terwyl inwoners onder die finansiële sweepslag van inperking steier en werkloosheid gedy, is gewetenloos en verwerplik.

As Bloemfontein en elders ’n puik plaaslike regeringsmodel was en die metromunisipaliteit se geldsake gefloreer het, sou die plaaslike politici (wat die topamptenare insluit) dalk ’n saak vir mededingende salarisse kon uitmaak.

Die teendeel geld. Swak (of geen) dienslewering en haglike verval is die norm. Die basiese diens van vullisverwydering word nie eens verrig nie.

Wat naarwordens toe verbyster, is die uitspattige salarisse vir Mangaung se lakse kaders.

Terwyl almal hul rieme sny en daagliks oor hulpbehoewendes en samaritane berig word, dink die Mangaung-metro se ANC-raadsleiers en ampsdraers dit goed om hulself vir swak prestasie te beloon én munisipale tariewe te verhoog.

Iewers moet hul gulde meevaller vandaan kom.

Wat naarwordens toe verbyster, is die uitspattige salarisse vir Mangaung se lakse kaders.

Vir die munisipale bestuurder word ’n karige pakket van R3,1 miljoen en vir die finansiële hoof een van R2,7 miljoen begroot. Departementshoofde kry ’n skamele R2,5 miljoen tot R3,1 miljoen.

Politieke ampsdraers word afgeskeep. Hul pakkette wissel tussen slegs R1,3 miljoen vir die hoofsweep en R1,6 miljoen vir die uitvoerende burgemeester (die nimlike Olly Mlamleli).

Sarkasme op ’n stokkie. Mangaung se top-salarisse ewenaar die staatshoof s’n en is selfs meer as wat die hoofregter verdien. Terwyl hulle aanspreeklik is vir die metro se ondergang.

Hiervoor dok belastingbetalers op. Erfbelasting en tariewe vir sanitasie, vullisverwydering (wat nie verwyder word nie) en water styg.

Dit gebeur in ’n bankrot metro wat veronderstel is om onder administrasie te wees. Dat die administrateur nou self rommel wil wegry, wys net ook die administratiewe ingryping misluk.

As hulle kon, behoort die Mangaung-leiers hulle te skaam. Die kiesers moet hulle uitskop.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Kiesers  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.