Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Mangaung se afgradering is ’n wekroep vir ANC
Olly Mlamleli, die uitvoerende burgemeesterFoto: Marietjie Gericke

Oor die geldsake en welstand van die Mangaung-metromunisipaliteit flikker die gevaarligte nie meer nie. Dit brand voluit.

Die internasionale kredietgradeerder Moody’s se afgradering van die metro met drie kerwe moet vir die stadsregeerders en -amptenary én vir die nasionale regering ’n dringende wekroep wees, maar nee . . .

Verwag maar dat burgemeester Olly Mlamleli, haar ANC-raadskollegas en amptenare steeds opposisiepartye en inwoners se besware en vrese oor wanbestuur, ern-stige geldprobleme en swak dienslewering as ’n gekef sal afmaak en ontken. Al skrei die realiteite ten hemele.

Na regte behoort premier Sisi Ntombela, die Vrystaat-se uitvoerende raad en die nasionale leiers ook nie langer die kop in die sand te druk oor Mangaung nie. Ag moet nóú geslaan word op die harde werklikheid.

Die syfers, verval en Moody’s se vermaning benadruk die omvang van die krisis weens swak bestuur én die ondoeltreffende nasionale herstelplan.

Die waterkrisis is egter ’n druppel aan die emmer.

Die minister van water, sanitasie en menslike neder-settings, Lindiwe Sisulu, se voorgenome besoek aan Bloemfontein vir ’n oplossing oor die dispuut rakende Mangaung se waterskuld van R400 miljoen aan Bloem-water en die waterverskaffer se gereelde vermindering van water aan inwoners is welkom.

Die waterkrisis is egter ’n druppel aan die emmer.

Met banklenings wat die munisipaliteit nie betyds kan betaal nie en te min geld vir die onderhoud van infra-struktuur en lewering van dienste soos watersuiwering en vullisverwydering is wyer ingryping nodig.

Dit gaan streng dissipline en strafmaatreëls verg om die bankrot munisipaliteit, wat steeds miljoene rande verkwansel en hom nie aan wetgewing, regulasies of die ouditeur-generaal steur nie, reg te ruk. Belastingvoos inwoners van Mangaung word gewurg om hemelhoë tariewe te betaal vir swak of geen dienslewering. Hulle moet ook verduur dat geld links en regs verkwis word op vet salarisse, ’n metro-polisiehoof sonder polisiemag, ’n begrafnis vir ’n EFF-kameraad, luukshede en verdagte transaksies.

Die nasionale regering gaan dringend moet werk maak van die finansiële herstelplan wat hy ’n jaar gelede saam met die munisipaliteit ontwikkel en waarvan tot dusver dadels van gekom het. Sakelui, regeringsdepartemente en inwoners wat die stad gesamentlik R4,1 miljard skuld, moet in die herstelproses vasgevat word.

Met die kreeftegang van sy likiditeit is die metro teen ’n kommerwekkende vaart reguit op pad na die afgrond toe.

Word die Mangaung-munisipaliteit nie nou op sy wegholpad gestuit en op koers gebring nie, gaan dit beslis die eerste metropool word wat totaal in duie stort.

Meer oor:  Korrupsie  |  Finansies  |  Anc  |  Afgradering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.