Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Niemandsland in Vrystaat onder ANC vra leierskap
Ace Magashule Foto: Daily Sun

Ná die beslissing van die appèlhof wat die verkiesing van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die Vrystaatse ANC in 2018 as onwettig en ongrondwetlik verklaar het en die hofbevel ingevolge waarvan die PUK ontbind is, verkeer die politieke bestuur van die provinsie in ’n selfgeskepte niemandsland.

Nie dat die welstand van die Vrystaat die uitgeskopte magsbende skeel nie. Die provinsie kan maar al hoe dieper sink in die moeras van verval wat Magashule se nalatenskap as premier is. Wat vir die strydendes tel, is toegang tot die regeringsbeursie.

Met Magashule die laaste jare steeds as marionetmeester in die Vrystaat is die politieke wringkragte hier tekenend van die stryd wat in die na­sionale ANC woed. Daarvan getuig die Vrystaatse ANC (hofaansoekers uitgesluit), waarvan die lede danksy Magashule in vet regeringsposte sit, se voorneme om “vir Ace te bly veg”.

Dit het geskied ten koste van die Vrystaat, wat weens die tenderbendes se kontrak-melkery leeggesuig en afgetakel is tot ’n werklose, armoedige streek vol padkraters.

As pres. Cyril Ramaphosa en sogenaamde hervormingsgesindes in die ANC erns het met die voorneme om korrupsie te keer en doeltreffende bestuur in te stel, is die Vrystaat die aangewese vertrekpunt. Die uitverkoop van Suid-Afrika se staatsbates aan die Guptas is immers in dié provinsie in die naam van radikale ekonomiese transformasie ontvang, gebore en getoë.

Dit het geskied ten koste van die Vrystaat, wat weens die tenderbendes se kontrak-melkery leeggesuig en afgetakel is tot ’n werklose, armoedige streek vol padkraters, rioolvuil en waterlose dorpe (langs vol damme). Dít is die dilemma van die Vrystaat se mense. En die landwye scenario wat sou kon wink.

Intussen volg die uitgeskopte Vrystaatse ANC-magsbende die Stalingrad-taktiek van Jacob Zuma en Ace Magashule, hul politieke ikone, na met hul voorneme om nou die konstitusionele hof oor die uitspraak te wil nader. Dit hou die onbevoegde handlangers in die regeringskussings.

Die dooie punt verdiep deurdat Magashule, wat as sekretaris-generaal ’n werkkomitee moet aanstel om die PUK hier te lei, op geleende tyd is.

As daar ooit ’n tyd vir beslissende nasionale ANC-leierskap was vir ’n breuk met die verlede en die bedinging van ’n nuwe toekoms sou dit nou wees, met die Vrystaat as gevallestudie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Leierskap  |  Korrupsie  |  Anc  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.