Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Papier na digitaal: Oplaas dank vir 116 jaar se Genade
Volksblad-spotprent: 8 Julie 2020

Vanaand skuins voor middernag wanneer die Goss-rolpers in die Volksblad-gebou (gebou teen 2 000 pond in 1915; Volksblad-tuiste sedert 1916) die laaste keer die papierkoerant uitspoeg, sal enkele redaksielede – met maskers en op ’n veilige afstand – soos in ’n nagwaak teenwoordig wees.

Dit sal ’n aangedane oomblik wees wat lede van die groot Volksblad-familie wêreldwyd in siel en gees sal meemaak, al is hulle nie self daar nie.

Net só ’n bewoë moment is die skryf van hierdie laaste hoofartikel van Volksblad (gestig in 1904 as Het Westen) wat op papier verskyn. Onder diepe indruk van die geskiedenis van dié oudste Afrikaanse koerant wat in 1925 ook ’n dagblad geword het; van die rol wat dit speel (ook voortaan digitaal), en van hoe na dit aan harte lê.

“Ewig ’n koerant vir die volk,” lui ’n opskrif in vandag se pragtige gedenkbylae tereg.

Die afgelope weke se refrein, ook van lesers, vang die hartswaarde van Volksblad vas. Waghond, spieël, gom van die gemeenskap, vriend en deel van ’n leefwyse, is van die herhalende woorde.

Daar is hartseer, nostalgie en onsekerheid oor die onbekende (veral onder die ouer geslag).

Daar is hartseer, nostalgie en onsekerheid oor die onbekende (veral onder die ouer geslag).

Strykdeur is respek betoon, selfs van ander mediagroepe. Al sal hulle dit nie sê nie, ook respek van die huidige regeerders. Al kan hulle Volksblad nie verdra nie. Omdat ons ons werk verrig.

Met realiteite wat dikteer en bestuur word vir die oorgang van “papier na digitaal”, bly oplaas net dank van Volksblad oor. Tussen die trane deur.

Van die koerant wat met nuus uit, van en vir die gemeenskap wat hy ken, kan skouers oopmaak.

Dankie aan die uitgebreide Volksblad-familie – elke leser en adverteerder, joernalis, fotograaf, subredakteur, sakebestuurder, verkoopskonsultant, drukperswerker, verspreider, afleweraar, koerantverkoper, oud-personeellede en al die res.

Dankie aan ons vennote ter stigting van die gemeenskap – al staan ons as nuusdraer met hulle in ’n rol van dinamiese (maar gesonde) spanning.

Alle skole, Vrystaat-rugby, -krieket en ander -sport (ons prioriteite is reg), Sentrale Universiteit van Tegnologie, Universiteit van die Vrystaat en almal oor wie ons sonder vooroordeel berig.

Bowenal in hierdie tyd van verandering, soos die Prediker sê, dank vir 116 jaar van Genade sover.

Meer oor:  Volksblad  |  Hoofartikel  |  Koerant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.