Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Sonkoning het SA hotelwese op nuwe pad gesit
Sol Kerzner 23 Augustus 1935. Foto: Gallo Images/G
Sol Kerzner 23 Augustus 1935. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die flambojante hotelmagnaat Sol Kerzner, wat op 84 in Kaapstad oorlede is, sal onthou word as ’n visioenêre sakereus wat gewys het wat met vernuf, harde werk, opportunisme en veggees in die sakewêreld vermag kan word.

Van ’n klein begin het Kerzner, ’n geoktrooieerde rekenmeester, die fabelagtige Southern Sun-hotelgroep en Sun International met eksotiese hoteloorde wêreldwyd ontwikkel. Hy het Suid-Afrika se eerste vyfsterhotel, die Beverly Hills in Umhlanga, gebou en dit met die Elangeni, met 450 kamers, aan die Durban-strandfront, opgevolg.

Sy nalatenskap sluit in Sun City en Lost City, wat steeds ’n ongeëwenaarde aantreklikheid in die verblyf- en vermaakbedryf in Afrika is. Vir dié casino-oorde met ’n Las Vegas-geur het hy sonder skroom die tuislandgaping gevat wat die destydse Nasionale Party-regering se segregasiebeleid gelaat het.

Uiteraard word so ’n fabelagtige sakeryk nie sonder omstredenheid opgebou nie en word Kerzner met gemengde gevoelens onthou.

Uiteraard word so ’n fabelagtige sakeryk nie sonder omstredenheid opgebou nie en word Kerzner met gemengde gevoelens onthou.

Genl. Bantu Holomisa, UDM-leier en eertydse militêre leier van Transkei, het ná Kerzner se afsterwe die aanklag van omkopery teen hom vir ’n eksklusiewe dobbellisensie in die destydse “onafhanklike” Transkei onthou. Die saak is laat vaar toe die prokureur-generaal van dié tuisland weens “onvoldoende getuienis” geweier het om Kerzner te laat vervolg.

Eweneens is Kerzner gehuldig as ’n ruimhartige filantroop deur onder meer die Universiteit van Johannesburg wat hom geloof het vir sy bydrae om dié tersiêre instelling op die wêreldtoneel te plaas en te help om ’n beter toekoms te skep.

Op menslike vlak onthou naasbestaandes en kennisse, insluitende Anneline Kriel, een van sy eksvroue en ’n voormalige Mej. Wêreld, hom om sy warm persoonlikheid, vriendskap, humor, familiewaardes, liefde vir sy kinders en opofferings. In tye van eie trauma, soos met die dood van sy seun Butch in ’n vliegtuigongeluk in 2006, was harde werk vir hom al teenmiddel.

Wat sal bly staan, is dat die Sonkoning, gelief of andersins, die gasvryheidsektor in Suid-Afrika, en elders, onmiskenbaar verander en in ’n nuwe tydvak in begelei het.

Meer oor:  Sol Kerzner  |  Sonkoning  |  Hoofartikel  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.