Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: Vervolging in nog ’n Ace-saak dryf kwessies op spits
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA ? SEPTEMBER 11: African
Ace Magashule Foto: Gallo Images

Die verwagte deurbrake in die ondersoek na bedrieglike Vrystaatse behuisingsprojekte is gewis goeie tyding. Die korrupsie met Hop-behuisingsprojekte kom al uit die vroeë dae van Ace Magsashule se omstrede en rampspoedige premierstermyn.

Na berig word, is die Valke se ondersoeke in ’n finale stadium en die nasionale vervolgingsgesag berei voor om toe te slaan. Onthullings daaroor het in boeke en die media, asook voor die Zondo-kommissie en die provinsiale wetgewer, opslae gemaak. Ongelukkig het dit sover strafregtelik agterweë gebly. Nou móét dit op die spits gedryf word.

Suid-Afrikaners is moeg vir leë beloftes dat korrupsie uitgeroei sal word en honger vir gepaste vonnisse aan hoë politieke makelaars wat hul mag vir eie finansiële gewin en dié van hul korrupsievennote aanwend, terwyl die reeds kreperendes wat vir hulle stem verder geflous en versaak word.

Die behuisingsbedrog was die grootste fiktiewe skema tydens Maghashule se wagbeurt van 2009 tot 2018 in die voorste gestoelte toe skimprojekte bedink is om die provinsiale koffers leeg te tap sonder dat iets in ruil vir inwoners gevestig is.

Meer as R1 miljard en dalk selfs meer as R2 miljard is afgeskep sonder dat die meeste huise gebou of voltooi is.

Meer as R1 miljard en dalk selfs meer as R2 miljard is afgeskep sonder dat die meeste huise gebou of voltooi is. Dit is dubbel soveel as die melklose Estina-suiwelprojek se afgeskepte room van minstens R380 miljoen en die asbesdak-bedrog waarin “slegs” R255 miljoen afgeswendel is sáám.

Die aanvanklike vervolging weens die Vrede-suiwelskandaal het misluk. Vir die bedrog met die duur tellery van asbesdakke is Magashule nou beskuldigde nommer 13 onder die individue en maatskappye wat van Augustus in die voorverhoor in die Bloemfonteinse hooggeregshof teregstaan.

Die stout verwagting sou wees dat vervolging weens die behuisingsbedrog meelopend kon geskied. Die geloofwaardigheid van die stryd teen korrupsie verg beslissende resultate. Die NVG sal bewus wees van die onus wat op hom rus.

Met Magashule wat weier om die pos van ANC-sekretaris-generaal te ontruim, sou verdere vervolging die wig in die hart van die ANC dieper dryf.

Die beproefde Grondwet kan die toets weerstaan slegs wanneer reg en geregtigheid hul volle, beproefde verloop geneem het.

Meer oor:  Korrupsie  |  Vervolging  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.