Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Volksblad sê: VL se opleiding vir plaasveiligheid is proaktiewe pad
Argieffoto van 'n betoging teen plaasaanvalle. Foto: Jaco Marais

Met nog plaasaanvalle die afgelope dae in die Vrystaat – een by Frankfort en een suid van Bloemfontein – is die stap van Vrystaat Landbou (VL) om jong boere, vroue en plaaswerkers op te lei om hulself te beveilig noodsaaklik.

Ook in die jongste gevalle is wreedaardig op sagte teikens toegeslaan. By Frankfort is die boer met kettings vasgebind en gedreig om batterysuur in sy oë en keel te gooi. Een aanvaller is ’n veroordeelde moordenaar wat in 2005 skuldig bevind is aan die moord op Fanie en Ina Smith van Heilbron. Korrektiewe dienste kon nie bevestig of hy sy vonnis uitgedien het en of hy op parool vrygelaat is nie.

In die Tierpoort-omgewing is drie bejaarde susters aangeval ondanks verskerpte veiligheidsmaatreëls nadat hulle oor ’n moontlike aanval gewaarsku is. Die aanvalle volg nadat Anne-Marie Botha en haar seun, Ruan Britz, die vorige naweek op hul plaas by Mbombela, Mpumalanga, vermoor is.

Die sluise van geweld teen die landbougemeenskap is oop. VL sê tereg plaasmense is onder beleg weens geweldsmisdade. In die afgelope vyf jaar was daar in die Vrystaat 298 plaasaanvalle, wat 37 moorde insluit. Veral kommerwekkend is die toename tydens die staat van die Covid-19-inperking toe die sigbaarheid van die polisie groter was.

Met plase onder skoot en elke bewoner ’n wandelende teiken, is paraatheid, selfbeveiliging en goeie inligting die wagwoord en oorgerustheid taboe.

Met plase onder skoot en elke bewoner ’n wandelende teiken, is paraatheid, selfbeveiliging en goeie inligting die wagwoord en oorgerustheid taboe.

VL se voorneme om met gestandaardiseerde en geakkrediteerde opleiding proaktief en selfbemagtigend veiligheid te verbeter, is die aangewese weg.

Nie-verwant nie, maar tog relevant is die aandrang van agri-organisasies op die verwydering van Bheki Cele as minister van polisie. Cele is ’n breedsprakige populis van die eerste water, maar sy bestuurstyl en gebrek aan resultate boesem geen vertroue in nie. Van sy beloftes oor plaasveiligheid kom min, soos die boeregemeenskap by Senekal kan getuig. TLU SA voer ’n veldtog om sy kop te laat rol, terwyl AfriForum in ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa vra dat Cele sy pos ontruim.

Gehoor aan die versoeke sou dui op die regering se erns met landelike veiligheid. Dit is onwaarskynlik dat dit gaan gebeur.

Intussen bly plaasaanvalle en -moorde gebeur, en moet landbouers hul eie veiligheid eerste stel.

Meer oor:  Hoofartikel  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.