Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Zuma se rol in die skandaal sal na vore kom

Al het ’n kommissie van ondersoek geen getuienis van korrupsie in die wapentransaksie gevind nie, wil die skandaal maar net nie vir pres. Jaco Zuma wyk nie.

Nuwe beweringe is die naweek gemaak van nog duisende rande wat Zuma na bewering uit die wapentransaksie gekry het.

Hy het na bewering ook ’n vertroueling van hom gevra om nie voor die Seriti-kommissie van ondersoek te getuig oor hoe hy na bewering uit die wapentranksaksie voordeel getrek het nie.

Die wapenskandaal kom nou al 16 jaar met ons. Met die verloop van jare het daar klokslag nuwe bewyse van korrupsie aan die lig gekom.

Die Seriti-kommissie van ondersoek het die transaksie in 2013 begin ondersoek, maar was van meet af aan in omstredenheid gedompel.

Altesame 31 organisasies het gevra dat die kommissie moet ontbind omdat die kommissie volgens hulle geen geloofwaardigheid gehad het nie.

Die bedankings van ondersoekers van die kommissie wat beweer het die kommissie dryf sy eie agenda, het die publiek ook in ’n groot mate vertroue in die kommissie laat verloor.

Oor die naweek het die Sunday Times berig ’n vertroueling van Zuma en prokureur van Pretoria, Ajay Sooklal, het in hofstukke gesê Zuma het hom in 2012 gevra om nie vir die Seriti-kommissie te sê dat hy (Zuma) tot in 2009 deur die Franse maatskappy Thales betaal is nie.

Sooklal se verklaring is tot steun van die Corruption Watch en die Right2Know Campaign wat die Seriti-kommissie se bevindinge in die hooggeregshof bevraagteken.

As Zuma en die ANC gedink het hulle gaan die wapenskandaal met die bevindinge van die Seriti-kommissie begrawe, maak hulle ’n groot fout.

Baie tyd het al verlore gegaan voordat die eerste korrupsie met die wapenkontrak op die lappe gekom het. Dit het korruptes ongetwyfeld kans gegee om hul spore dood te vee.

Die waarheid het egter ’n manier om deur die krake te kruip en bietjie vir bietjie uit te kom.

Dit lyk toenemend of Zuma se beweerde betrokkenheid by die wapentransaksie groter is as wat vermoed word. Soos met Nkandla sal die volle verhaal hopelik mettertyd aan die lig kom.

Meer oor:  Zuma  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.