Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
2019 kan kwalik gou genoeg kom
Rapule Tabane

Soms droom ’n mens dat die 2019-verkiesing môre reeds kan plaasvind. Die regerende party se arrogansie, sowel in die regering as in die parlement, kan regtig irriterend wees.

Hy kom met talle slegte besluite weg bloot op grond daarvan dat 62% van die kiesers in 2014 vir die ANC gestem het. Dit is hoogs onwaarskynlik dat 62% in die 2019-verkiesing weer vir die ANC sal stem. Selfs al behou dié party die mag ná daardie verkiesing, sal dit met ’n moontlike koalisievennoot wees wat sy hubris in toom sal hou.

My frustrasie oor die ANC het opnuut opgevlam toe die kwessie van die nuwe openbare beskermer (OB) in die parlement te berde gebring is. Die DA het ná ’n paar slegte besluite ’n ondersoek na die ampsbevoegdheid van Busi Mkhwebane aangevra. Die ergste was haar aanbeveling oor ’n grondwetlike wysiging om die Reserwebank se magte te hersien. Nadat die Reserwebank haar voor die hof gedaag het, het sy die kommentaar teruggetrek en om verskoning gevra. Haar kantoor het gesê die “foutjie” was te wyte aan ’n tikfout.

’n Ad hoc-komitee is ’n deskundige komitee wat uitsluitlik op haar bevoegdheid al dan nie sou fokus.

Maar sy was ’n oninspirerende keuse en selfs die EFF het erken hy het gefouteer toe hy haar in die keuringproses gesteun het. Die DA het lank teen haar beswaar gemaak omdat sy glo as spioen vir die departement van staatsveiligheid gewerk het.

Maar Mkhwebane was onder veel groter verdenking nadat dit aan die lig gekom het dat sy met die presidensie en die departement van staatsveiligheid vergader het terwyl sy daardie verslag oor die Reserwebank saamgestel het. Die ergste was dat sy versuim het om daardie vergaderings te noem – dit is eers later ontdek.

Sommige koerante het vandeesweek verkeerdelik berig dat die parlementêre komitee oor justisie besluit het om ’n ondersoek na die OB se ampsbevoegdheid in te stel. Die ANC-LP’s in die komitee het, daarenteen, ’n mosie verwerp om ’n ad hoc-komitee in te stel om haar bevoegdheid te ondersoek.

’n Ad hoc-komitee is ’n deskundige komitee wat uitsluitlik op haar bevoegdheid al dan nie sou fokus.

Maar ANC-LP’s het die voorstel afgeskiet en daarop aangedring dat die kwessie aan hulle oorgelaat word.

ie ANC in Luthuli-huis en sy parlementêre koukus het in verklarings onderneem om Mkhwebane teen enige “heksejag” deur die DA te beskerm.

“Jou sonde is dat jy, in sommige gevalle, die gevoelige snaar van monopoliekapitaal aanraak; en volgens hulle moet jy uitgestoot word. Die werk wat jy eerlik en objektief gedoen het . . . dít is wat jou onderskei,” het Loyiso Mpumlwana, ANC-LP, gesê.

Bongani Bongo, nog ’n ANC-LP, het Mkhwebane aangeraai om nie deur kritiek op haar remediërende optrede oor die Reserwebank van stryk gebring te word nie omdat die kwessie steeds uitgepluis moet word ná haar skrywes oor die Reserwebank se rol en die kwessie van eienaarskap.

Met dié redenasies het hulle die totstandkoming van die ad hoc-komitee teengestaan en op ’n proses ooreengekom om haar te beskerm. Selfs die komiteevoorsitter, Mathole Motshekga, wat met opposisie-LP’s saamgestem het, is deur die ANC-LP’s uitgestem.

Die ANC in Luthuli-huis en sy parlementêre koukus het in verklarings onderneem om Mkhwebane teen enige “heksejag” deur die DA te beskerm.

Luidens ’n ANC-verklaring is daar geen gronde vir die DA se versoek om haar te verwyder nie. Ofskoon die ANC saamstem dat die OB ingevolge die Grondwet op grond van onbevoegdheid verwyder kan word, sien hulle geen onbevoegdheid aan haar kant nie.

Derhalwe bly nog ’n onbekwame amptenaar vir nog sewe jaar in haar pos omdat die ANC sy meerderheid uitgebuit het. Dit is hoekom ek sê ons kan nie wag vir 2019 nie.

  • Rapule Tabane is politieke redakteur van City Press.
Meer oor:  Rapule Tabane  |  Rubriek  |  Mening  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.