Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: ‘Hou nie mee van ienagge iets rêrag’

Jackson was American Ninja se African American sidekick.

American Ninja was een van dai 80’s action films wat my uncle vi ôs oo en oo lat kyk’et. Die titular ninja, Joe, was gespeel deu Michael Dudikoff. As ek en my broe fight-fight gespeel ’et toe ôs klein was, was die unspoken understanding altyd dat hý Joe was en ek Jackson omdat ek jonger was en therefore makliker gefit ’et innie rol vannie sidekick. Wat ek nou sê is eintlik neither here nor there, die punt wat ek wil maak is dat ek kyk trug op dai tyd en dan dink ek, ek het gedink ek gan vi altyd mal wies oo American Ninja. Selfs dai tyd het ek die groot mense rondom ôs angekyk en opgelet die way hulle net inne half-hearted way van ienagge iets hou. Virre grootmens wassit niks om innie mirrel vanne film op te staan om te gan pee nie, of om somme ’n conversation te begin tewyl die film an wassie. Ek het nooit gepraat tewyl ek tv kyk’ie, nooit gan pee nie, selfs during commercials ’ie, wan ’it was my way om heeltemal invested te wies in BraveStarr of whatever annes op was.

Toe ek about ses jaa oud was het ek elke Maandag five o’ clock innie oggend opgestaan om Max Fleischer se Superman cartoons te kyk, soes iemand wie wêk toe gan. Maa ’it wassie net compulsiveness ’ie, ’it was vi my exhilarating om tv en films te kyk, en om comics te lies. Therefore maak’it sense vi my dat ek sal gedink ’et dat ek altyd soe sal voel.

Jackson Pollock wassie soot painter wie, toe ôs klein was, ek en my broe altyd na sy paintings gekyk ’et en dan lag ôs ôs klaa virrit.

Jackson Pollock wassie soot painter wie, toe ôs klein was, ek en my broe altyd na sy paintings gekyk ’et en dan lag ôs ôs klaa virrit.

Waa critics agree ’et dat hy part was vannie Abstract Expressionist school of thought, was ôs firmly convinced hy was part vannie get-home-early-from-work school. Pollock het altyd vi my neatly ge-fit inne boks labelled: “Slim oo die liewe” alternately titled: “Baie pyn oo die liewe”, innie selfde boks soes ’n band soes R.E.M, Bob Dylan of ’n painter soes Egon Schiele. Ek en my broe was altwie baie literal mense wie any form van abstraction on impulse reject ’et. Ôs was afterall grootgemaak op Phil Collins en dai airbrushed portraits wat door-to-door salesmen nog vekoep ’et innie 80’s en early 90’s. Ek is loyal an en lief vi die goed wat ek van hou innie selfde way ek goed passionately haat wat ek nie van hou nie. En ek het gedink ek gan altyd dinge soe sien.

Dai is hoekom ’it strange is vi my somtyds as ek myself vang ’n film kyk, en dan kyk ek net die begin, skip na die middle toe en dan skip ek wee na die einde toe, meeste films kyk ek in about drie minute klaa. Of ek en my broe sit en drink bier en kyk films en praat oo anne goed, meestal oo mense wie ôs gekennit, somtyds oo vrouens op wie ­either hy of ek velief was, of ek sit en lies en dink an al ’ie mense wie ek al gekennit wie ek gedink ek vi altyd sal ken. Mense wie ek tien jaa laas gesien ’et, wat my ouer lat voel omdat ek ienagge iemand vi tien jaa al ken en dat dai tien jaa maa net ’n portion van my liewe is.

Ek en my broe sit en en praat oo Jackson Pollock en agree dat hy incredible was asse artist, horrible asse mens – as jy die bio pic met Ed Harris in kan gloe – wat ôs net die begin, mirrel en einde van gekyk’et. Ôs sit en lag oo American Ninja en hoe Americans net an iets kan relate assit America asse prefix innie title het. Maa nourie dag toe sit ek alien en wêk en dink an André en myself, en hoe indifferent ôs altwie gewôd ’et oo die jare. Hoe nie een van ôs eintlik mee van ienagge iets rêrag hou nie, nie van Jackson of van Pollock ’ie. Toe speel ek my In Time: The Best of R.E.M album, en toe “Man on the moon” begin speel toe onthou ek hoe ek die song geridicule ’et die eeste kee wat ek ’it gehoorit ek, onthou die way ek gelag ’et, toe begin ek somme om te hyl.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.