Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Wat het julle wit mense wat ôs ’ie hettie?
Foto's: iStock

’It raak warm in Stellenbosch. En jy kannie hitte voel soes’it yt elke teerpad styg.

Ek wonne, hoe voel’it? Hoe voel’it om wit te wies? Hoe voel’it nou dat jou privilege, wat vi decades, met al’ie ageless authority vanne bronze statue vanaf sy plinth staan en neekyk, hoe voel’it wanne ’it biesag is om te erode? Die laities wie nou opkom, hulle issie soes my nie, of ek issie soes hulle nie, hulle issie oppe brief na die koerant skryf lyn nie, hulle is moeg van whisper onne mekaa, hulle is lus vi iets annes, iets nuut; vi ’n nuwe Suid-Afrika wattie lyk soesie ou een nie.

’It is maklik as jy wit is om vi hulle te condescend, wan hulle hou van march en toyi-toyi. Maa wit mense hou oek van march en toyi-toyi, al difference is hulle toyi-toyi oppie internet. Hulle maak white supremacist Facebook groups oep. Hulle gie free rein an hulle indignation innie comment section van koerante. Ma hulle doen ’it anonymously, soes snitches, soes cowards wie nooit in jou gesig vi jou sê wat hulle dinkie.

Wat kannit wies? Wat issit dat hoe ligter jou oë, hoe ligter jou vel, soe ligter issie load waamee jy gebore wôd?

’It issie modus operandi van mense wie wiet hulle hettie ’n argument ’ie, mense wie dink stilbly is oek ’n antwoord. Stilbly issie ’n antwoord as jy vi eeue gebenefit ’et yt anne mense se suffering ’ie. In dai case is stilbly ’n privilege. Jy kan afford om stil te bly, jy benefit daa yt ommie argument te stop, wan as wit mense moet begin praat oo wat vekeed is, gan hulle baie gou moet admit daa is min om oo te praat en baie gou besef hulle het baie om te doen.

En ek wiet julle het sorry gesê, maa sorry issie genoeg ’ie, en niemand het vi my sorry gesê nie, julle het vi Nelson Mandela sorry gesê, en vi hom getreat met liefde en respect. Soe los dai yt die conversation, kom ôs begin oo, en tewyl ôs biesag is om oo te begin, gie vi my oek van dai wat julle het, gie vi my oek van dai wat julle iet, wat julle drink, wan ek moet my argument maak oppe lëe mag, en oppe droë keel. En ’n hungry man isse angry man; ôs issie kwaad gebore nie, jy begin kwaad raak as jy groot raak en jy begin wonne hoekom is ôs se kombys kassies altyd lieg. En hoekom issie vrou langsan se kassies altyd lieg, en die vrou langs haa ennie vrou langs haa.

Wat doen ôs vekeed? Wat het julle wat ôs ’ie hettie? Is God maa net soe lief vi julle? Of issit ’ie God ’ie, is ’it iets annes wat maak dat ôs swaakry en julle boe bly? Wat kannit wies? Wat issit dat hoe ligter jou oë, hoe ligter jou vel, soe ligter issie load waamee jy gebore wôd?

Hoe voel’it om wit te wies? Hoe voel’it nou dat die future uncertain is? Die wit elite en die ANC is soes twie gangs, julle is net unhappy assie anne gang benefit. Die mense innie mirrel, niemand worry oo hulle nie, en jou mirrel as jy wit is issie dieselfde plek waa my mirrel issie. Ôs lê altwie oppie selfde kooi miskien, maa jy lê met jou biene ygestrek en ek lê innie hoekie oppie edge vannie kooi. Os issie dieselfde nie, hou op sê ôs moet saam wêk omme bieter Suid-Afrika te bou, tewyl jy ’n baas is en ek jou hys moet skoonmaak.

Jy het rande om Suid-Afrika te bou, ek het sente. Jy ken vi Suid-Afrika, jy kan rondry soes jy wil, al wat ek ken is jou tuin, en my hokkie wat soe groot is soes jou tuin. Al wat ek omgie oo is die een tile wat my hele wêreld constitute inne hys vol tiles.

Ek hoep dat die nuwe student movements ’n lang pad stap voo hulle biene afgekap kan wôd, ek hoep die new wave van mobilisation hou an beweeg, en change en improve dinge. ’It is scary: die idea van jong mense wie soe unhappy en kwaad is, wie opstaan tien ’n system wat feed op hulle anger en’it self sterker maak. Maa ek dink is tyd dat ôs ytvind wat gebee as ’n immovable object ’n irresistible force meet.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.