Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Aanlyn taalhulp vir jou laaste jare op hok
Prof. Gerhard van Huyssteen

Terug-skool-toe-reklame, soos Valentynsdagreklame, is nie aan my bestee nie. Ek is kinder- en liefdeloos.

Maar een van my Engelse vriende het vanjaar ’n matrikulant aan huis, en dié gaan klaarblyklik alle hulp met Afrikaans nodig hê.

Die Whats­App-boodskap is eenvoudig: “Please send me links to apps or websites that could help James with Afrikaans.”

Dis maklik, dog ek. Afrikaans.com het ’n uitstekende portaal met tientalle skakels na hulpmiddels vir onderwysers en leerders. (Gaan na www.afrikaans.com en dan na [Leer > Op skool].) Die skakels is verdeel in “Nuttige toepassings”, “Nuttige opvoedkundige webtuistes”, “Hulp in die klaskamer en vir skooltake”, “Slyp jou kennis en vaardig­hede”, “Wys jou staal!”, en “Pinterest-snuffellys”.

Hier is ’n aantal wat volgens my nuttig sou kon wees:

Die eerste ene bevat leesstukke vir leerlinge van gr. 4 tot gr. 12, wat elk volgens moeilikheidsgraad in agt vlakke verdeel is. Die tweede toepassing bied interessante taaloefeninge soos idiome en oulike kopkrappers om die ­lesers op hul tone te hou.

  • Solidariteit Helpende Hand se SOS-webwerf bied praktiese opleiding en hulpmiddels vir Afrikaanse onderwysers wat wiskunde en Afrikaans aanbied. Die programme sluit uiteenlopende werksessies en slypskole vir leerlinge en onderwysers in, asook ’n aanlyn winkel waar vraestelle en werkkaarte gekoop en verkoop kan word.

Op hierdie webwerf deel ’n taalonderwyser en assesseerder in die matriekeindeksamen vraestelle, lesplanne, assesseringsrubrieke en -riglyne vir Afrikaans vir gr. 10 tot gr. 12, en verskaf wenke oor eksamens.

Jy kan spesiale pakkette koop om studiemateriaal (ook vraestelle) vir alle vakke af te laai. Hul “Skool Ensiklopedie” (sic) lyk nogal na ’n oulike produk en bevat inligting vir alle skoolvakke.

Hierdie webwerf is meer gerig op die onderrig van letterkunde vir hoërskoolleerlinge in private skole wat die kurrikulum van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) volg, maar daar is ook heelwat taaloefeninge en -inligting ­beskikbaar.

By hierdie aanlyn winkel kry jy ’n versameling e-leer-hulpbronne (belyn met die KABV) vir gr. R tot gr. 12, van werkkaarte en lesplanne tot aanvullende materiaal. Werkkaarte is gratis en toetse en eksamenvraestelle is teen R30 elk te koop.

Hierdie webwerf is nie noodwendig slegs op onderwysers gerig nie. Jy kan ’n omvattende reeks hulpbronne (soos vraestelle, werkkaarte en video’s) aflaai of koop. Hulle is ook aktief op verskeie sosialemediaplatforms.

Kry hier tweetalige werkkaarte en toetse in wiskunde, natuurwetenskap, Afrikaans en Engels – alles op die KABV-kurrikulum geskoei. Die materiaal vir Afrikaans is egter net tot en met gr. 8 beskikbaar.

Daar is nog talle meer, insluitende ’n paar vasvra- en woordeboektoepassings, asook toepassings en webwerwe om jou te help om Afrikaans aan te leer, of jou tweedetaalkennis van Afrikaans te verbeter.

Hoewel ek opgewonde (en saam met matrikulant James dankbaar) is oor al die hulpbronne, moet ek helaas sê dat ek nogal plek-plek geskok was met die gehalte van sommige van die materiaal. As ’n webwerf my aanmoedig om ’n “gelamineerde plakkat” te bestel, kan ek dalk nog ’n tikfout vermoed, maar as ’n hulpbron beweer Johannes Kerkorrel het “in die parlementsopening saam met Lady Smith Black Mambasa” gesing, wonder ek of dit nie tyd is om die Onderwyspolisie te ontbied nie.

Meer oor:  Gerhard Van Huyssteen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.