Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ABO: 120 jaar later is dit weer oorlog in land
Charles Smith

Vergewe en vergeet.

Hieroor wonder ek by aanskoue van Totius se gedig met dié titel wat voor die Oorlogmuseum in Bloemfontein aangebring is onder ’n engelbeeldjie van ’n graf van ’n Boerekind in die Bethulie-konsentrasiekamp .

Verder agter die klein monument is die Muur van Herinnering met name van nagenoeg 27 000 Boerevroue en -kinders wat in die Anglo-Boereoorlog (ABO) van 1899 – 1902 dood is.

Sowat 50 000 Suid-Afrikaanse wit én swart vroue is in die oorlog dood – veel meer as die burgers wat te velde gesterf het.

Moet ons vergewe en durf ons vergeet, dink ek toe ek Woensdagaand in die donker met my vingers oor die name voel. In die halflig kan ek die Smiths se name sien. Baie van dié vroue en kinders is koelbloedig vermoor, al sê die Britte wat. ’n Tante van oupa Frans was die eerste ongeval toe sy ’n dag voor die uitbreek van die oorlog dood is toe ’n burger se wapen in sy tent by Beestekraalnek, Rouxville, afgegaan en sy geskiet is. Sy is op die familieplaas Driekoppe begrawe.

Op 11 Oktober is dit 120 jaar ná die uitbreek van die oorlog. Die oorlog is steeds op baie maniere in ons.

Op 11 Oktober is dit 120 jaar ná die uitbreek van die oorlog. Die oorlog is steeds op baie maniere in ons: Die ekonomiese skade aan baie Afrikaanse gesinne; die wrewel teenoor die joiners wat ná die oorlog in rykdom gelewe het, en die optrede van swart mense – onder bevel van die Britte en joiners – wat Afrikaners aangeval en na die kampe afgevoer het.

Hierteenoor is talle Boerevroue en hul gesinne juis hul lewens te danke aan hul werkers wat getrou gebly het. Toe gaan skep ons ’n stelsel, apartheid, wat swartes in hul eie kampe, tuislande, ingeperk het. En wat daarmee gepaard gegaan het. Ons sukkel om vooroordele uit ons bloed en gewete te kry.

Ek was baie in die Bethulie-, Brandfort- en Aliwal-Noord-kampe. Ek was by toe die swart kamp naby Brandfort se begraafplaas ontdek is. Ek kon aan die vergete grafstene vat. Nooit weer nie, het ’n mens gedink. Is dit so – het dit nooit meer gebeur nie, dink ek terwyl ek oor my mense se name streel. Ek dink aan die onbeskryflike lyding. Die arrogansie en veragtelikheid waarmee ons behandel is.

Maar steeds gebeur dit: ’n Nuwe regering behandel mense as tweedehandse burgers. Ons land is gewikkel in ’n oorlog van geweld teen vroue en kinders. Elke jaar word meer mense vermoor as die burgers wat in drie jaar in die oorlog gesterf het. Ace Magashule se ANC-bewind in die Vrystaat was weer een van verskroeide aarde met dorpe en dienste wat ineenstort en hongeres wat by die dag toeneem.

Afrikaners kan trots voel op hoe ons onsself opgehef het ná die oorlog. Ons weet wat harde werk en volhoubare lewe is ondanks ’n regering wat alles doen om jou onder te kry. Boere word steeds aangeval.

Vergewe? Ja. Ons durf egter nie vergeet nie.

Dis ons dryfkrag om dié land van melk en heuning en bloed wéér te help opbou. Ons kán.

Meer oor:  Charles Smith  |  Skade  |  Herdenking  |  Oorlog  |  Verarming  |  Abo  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.