Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ace en Zuma nie welkom by Bok-vieringe

Terwyl die Springbokke die Engelse stukkend speel en swart en wit in Bok-truie juig, mekaar omhels en “Shosholoza” sing, wonder ek: Wat doen Ace Magashule nou? Kyk hy die wedstryd?

Druk Ace sy vuis in die lug, soos hy gereeld doen as hy sosialisme se lof besing en wit mense slegsê, en dink: Sjô-sjô, my hart klop nou warm vir hierdie land.

Charles Smith

Of het hy na pres. Cyril Ramaphosa met die Webb Ellis-beker tussen die Springbokke gekyk en gewonder wat hy nóg kan doen om hom te ondermyn, want die wen van die Wêreldbeker is goeie nuus wat die Zuma-faksie nie kan bekostig nie.

“Eisj, goeie nuus is slegte nuus vir ons, bra Jacob,” kan ek hom hoor bel na Nkandla, waar vader Jacob in die hoofhuis se moewiese bed lê, met so ’n Faf-onnie aan in die kleure van die ANC, te poegaai om voor die Zondo-kommissie te gaan getuig dat hy nie gelieg het in sy eerste sessie nie.

Hoe voel Ace, Zuma, Julius Malema, die Menseregtekommissie en al die stokers van haat as hulle sien hoe Siya Kolisi, Bok-kaptein, Rassie Erasmus omhels en loof vir wat hy as afrigter vir die span beteken het?

Hoe voel Snorre de Villiers en Totalsports se bestuur as hulle sien hoe Eben Etzebeth Makazole Mapimpi op die voorkop soen en wit, bruin en swart spelers mekaar druk soos broers?

Terwyl ek Dinsdag deur die Bloemfonteinse middestad stap, moet ek klim oor berge vullis in die hoofstraat, Charlotte Maxe­ke-­straat. Dit is ’n stad wat onder Ace ten gronde gegaan het – en waar Olly Mlamleli, burgemeester, haarself ’n bonus vir goeie diens gee.

Eisj, goeie nuus is slegte nuus vir ons, bra Jacob,” kan ek hom hoor bel na Nkandla.

As ek daarna die hofdokumente oor die Vrede-suiwelskandaal oopslaan en sien hoe Ace se regering die Guptas miljoene op miljoene betaal het vir zero dienste, word ek woedend: Hoe voel jy nou, Ace, as jy die magtige dreuning van die volk se ontwaking hoor?

Die oorweldigende reaksie van Suid-Afrikaners ná die Springbokke se wen van die Wêreldbeker is nie net ’n uiting van vreugde en ’n uitbeelding van eenheid onder sommige mense nie. Dit is ook ’n uiting dat die land smag na ’n nuwe era sonder Zuma, Ace, die korruptes in die ANC en hul trogvreters, soos die bose Guptas.

Die Groen-en-goue brander sal ’n tsoenami word wat die korruptes, plunderaars, moordenaars, haatsprekers en bitterbekke sal verdryf.

Moenie ’n fout maak nie, pres. Ramaphosa, Zuma, Ace: Mense is gatvol vir dat ons land deur die ANC vernietig is. Ace, Zuma en Malema se EFF het ’n kloof tussen Suid-Afrikaners geskep.

Die Springbokke het gewys ons is een land in hart en siel as ons saamwerk vir ’n gemeen-skaplike doel: Dat almal in ons geliefde land kan wen.

Sonder dié wat ons bankrot gesteel het.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Charles Smith  |  Jacob Zuma  |  Springbokke  |  Standpunt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.