Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Advent: Ons wag op die Lig

Vanuit die eschaton – die voleinding van alle dinge – val daar lig hierdie kant toe, in ons lewens in.

Dit verlig ons pad, onderweg.

Dit open ons oë en verhelder ons denke oor nou, ons hede.

Jan Lubbe
Jan Lubbe

Ons wag op daardie lig van Bo.

Ons wag met hoop.

Aan die woord, Karl Barth.

Dis die somer van 1946 in Bonn, ’n stad in puin, drie maande ná die Twee-de Wêreldoorlog.

Soggens om sewe-uur het studente en belangstellendes na sy lesingreeks kom luister, en – ná die sing van ’n Psalm “to cheer us up” – het hy die essensie van wat ’n Christen glo aan hulle uitge-lê, frase vir frase deur die ou Geloofs-belydenis.

Volgende week – op 10 Desember – is dit ’n halfeeu sedert Barth se sterfdag (1968); volgende jaar, ’n eeu ná die verskyning van sy opspraakwekkende Römerbrief in 1919.

Teologie en kerk sou nooit weer dieselfde wees.

In sy laaste lesing het Barth dit gehad oor die wag op God.

Oor daardie slotwoorde van die Geloofsbelydenis: dat ons in die ewige lewe glo.

Ewige lewe is nie ’n oneindige voortsetting van hierdie lewe nie, skryf Barth, maar ’n voltooiing van my aardse lewe.

’n Tot-vervulling-bring van wat goed was hier; die goeie saad waarmee ek gesaai het en wat ryp word in ’n oes vir ’n beter wêreld.

Maar ook ’n opneem van my gebrokenheid en die onafheid van my lewe; van my woorde wat te kort skiet en my dade wat teleurstel, in ’n groter, volmaakte Werklikheid.

Vanuit daardie voleinding laat val God lig op my lewe en gee aan my dae en dade sin en betekenis.

Dit laat my sien wat werklik van ewigheidswaarde was en wat nie.

Geen wonder dat Aäron destyds aangesê is om die volk te seën met woorde oor Gods aangesig wat oor jou sal skyn, die nuwe jaar in.

Só behoort ons die jaareinde van 2018 te nader: Ons bid en wag om te sien wat hierdie jaar was.

Nou ken ons nog ten dele. Maar God se lig sál die waarde wys van lewens wat vanjaar verbygegaan het, soos dié van Winnie Mandela en Pik Botha, Stephen Hawking en Stan Lee, die Spiderman-skepper.

Mense se lofredes waai gou weg in die wind.

God se lig sál skyn oor die verhale wat vanjaar oor Bird-eiland en in die fliek Kanarie vertel is.

God weet alles. God se lig sál die duisternis verdryf, die bose sameswe-ring wat tot Louis Siemens se sluip-moord in Bloemfontein gelei het.

God slaap nie.

Die duisternis van staatskaping – die “tyd van waansin” soos wat dit voor die Zondo-kommissie genoem is – kon nie die lig van Gods geregtigheid uitdoof nie.

Die lig van Gods waarheid ontmasker alle fopnuus en propaganda, al twiet wie dit ook in die oortreffende trap.

Tiranne val voor God se lig, al neem dit tyd.

God se lig val ook oor alle stand-beelde; onthou maar die geskiedenis.

En God se lig val oor grond; oor almal se grond, oral in hierdie droë land met sy immerdreigende Dag Zero.

Maar, soos van ouds in die Hallelujalied kon ons dit wéér in 2018 sing: Gods lig lei ook vriend’lik sag, troostend in die stil ure van die nag. Te midde van gebroke verhoudings en ander mislukkings. Juis ook by die doopvont, by nuwe lewe.

Geen wonder dat Aäron destyds aangesê is om die volk te seën met woorde oor Gods aangesig wat oor jou sal skyn, die nuwe jaar in.

Karl Barth was reg: Van daar voor af, wend God sy blik na ons, seënend met lig, moed en vrede.

Daarvoor wag ons hierdie Advent.

Meer oor:  Lig  |  Advent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.