Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Afrika soos ons hom geken het is aan die wegkwyn
Tony Weaver

’n Dam in die Batoka-ravyn aan die onderpunt van die Victoria-waterval; ’n gekelderde plan om ’n snelweg deur die Serengeti te bou; ’n Chinese konsortium wat ’n groot hawe en ’n soort Disneyland naby Port St. Johns aan die Wildekus wil bou . . .

’n Dam is reeds in die Omorivier in Ethiopië gebou, en nog twee is op pad. Dit hou vernietigende gevolge vir stamme op die vloedvlaktes in, en laer af in die rivierloop ook vir Kenia se manjifieke Turkanameer, ’n Unesco-wêrelderfenisterrein.

Tanzanië is besig om die Stiegler-ravyn in die afgeleë wildernis van die Selous-wildreservaat op te dam, terwyl Kenia fluks vorder met die ontwikkeling van die afgesonderde Lamu-argipel as ’n belangrike hawe, olie­terminus en spooreindpunt vir die uitvoer van die Soedan se olie en Ethiopië se nywerheidsprodukte.

In Zambië is die bouwerk aan ’n brug oor die Zam­bezirivier by Kazungula al ver gevorder. Die brug sal Zambië met Botswana verbind en die amper mitiese Kazungula-pont vervang. Die pad oor die Barotse-vloedvlakte wat Se­sheke met Mongu in die afgeleë westelike Zambië verbind, is nou geteer en in ’n deurpad omskep vir die vragmotors tussen die Kopergordel en Walvisbaai in Namibië.

Honderde ander projekte se oortjies steek skaars uit – die “ou” Afrika is aan die verdwyn. Ons besoedel, plavei, ontwikkel en vernietig.

Die roete oor die vloedvlakte wat Mongu met Kalabo en die Liuwavlakte verbind, was enkele jare ge­lede nog ’n eks-pedisieroete, maar is nou ’n deurpad met 26 brûe, waaronder ’n 500 m lange brug oor die hoofstroom van die Zambezi by Sandaula. Daar is planne om ’n drywende pontbrug oor die Zambezi te bou van die afgesonderde Zambiese dorpie Luangwa Boma om dit met die selfs meer afgesonderde Mana-poele in Zimbabwe te verbind.

Honderde ander projekte se oortjies steek skaars uit – die “ou” Afrika is aan die verdwyn. Ons besoedel, plavei, ontwikkel en vernietig.

Die Italiaanse romansier en essayis Alberto Moravia het ’n reeks essays geskryf, in Engels vertaal as “Which tribe do you belong to?”

Nadat hy die Ngorongoro-krater in 1969 besoek het, het hy in die essay “The End of Prehistory” geskryf (vry vertaal): “Dit is nie wetenskapfiksie nie, maar ’n mens kan redelikerwys voorsien dat skopgrawe die Afrikabos eersdaags gelyk sal maak en met chemiese bemestingstowwe in goeie plaasgrond sal verander . . . die paadjies met teer bedek sal word, lugverkeer sal toeneem . . . Afrika is op die punt om vir ewig te verdwyn.”

Maar waar motors en yskaste maklik vervang kan word, kan leeus en olifante nie vervang word as hulle eers verdwyn het nie.

In nog ’n essay het hy geskryf dat Afrika op ’n galop is om Europa in te haal, maar waar motors en yskaste maklik vervang kan word, kan leeus en olifante nie vervang word as hulle eers verdwyn het nie.

En nou, die jongste waansin. Die afgelope week het ek gelees dat Tanzanië ’n sweefspoor op Kilimandjaro, die hoogste berg in Afrika, wil installeer om “toegang vir toeriste te verbeter”. Dit is soos om ’n snelweg oor die Okavango-delta te bou, of die woestynkuspad van Lüderitz na Swakopmund of die Sanipas te teer. O, wag, dit gebeur reeds op die Sanipas.

Die sweefspoor sal die Machame-roete volg, gewoonlik ’n klimtog van ses of sewe dae deur die reënwoud, onder die suidelike ysveld deur en daarna tot op die Uhuru-kruin vanaf Barafu.

Is niks meer heilig nie? Die “ou” Afrika is aan die sterf – en ek is bly ek het soveel daarvan gesien voordat dit vir ewig verdwyn.

Meer oor:  Tony Weaver  |  Afrika  |  Natuurbewaring  |  Omgewingsbewaring  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.