Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Afrikaanse wit kerke hervorm altyd agteruit . . .
Christina Landman

Dis ’n interessante kenmerk van wit Afrikaanse kerke: Hulle hervorm altyd terug in tyd. Hulle kan ook nie anders nie, want dan verloor hulle lidmate. Soos nou ook met Moreletapark, wat vorentoe met die elektronika en die musiek hervorm, maar agtertoe met die kerkleer.

En so het dit maar oor die jare aangehou. Sodra ’n kerk sy leer weer bekyk vanuit ’n nuwe politieke hoek, dan skeur hy. Sê die kerk iets nuuts oor seks of seksuele oriëntasie, dáár gaan die mense om ’n kerk te vorm wat hulle terugvat na waar hulle voel die Bybel hulle wil hê.

So ’n week gelede was ek in Switserland en besoek toe daar ’n paar fresh expression-kerke. Hulle het gewoonlik ’n dominee wat in ’n Gereformeerde kerk georden is – maar hulle hou heeltemal anders kerk.

Die een is ’n koffiekafee. Die een kant van die spyskaart is koffie en eetgoed wat jy kan bestel, die ander kant is goeie dade wat jy kan doen.

Dalk verkies jy ’n kerk wat op rolprente konsentreer of op biblioteke of seminare.

Nog ’n kerk is ’n metal church. Hulle het pas ’n CD uitgegee met die naam The Rock that makes you Roll. Hier kan jy ’n metal erediens bywoon en na “Back Pocket Pro­phet”, “Theocracy”, “Thy Bleeding Skies”, “A Hill to Die Upon” of “Inevitable End” luister. En daar is doop en nagmaal.

Daar is ook kerke wat om jazz, hiphop of folk vergader. Een baie mooi ou kerk in die middestad van Basel bied konserte aan om mense te trek – met die opsie om dit spiritueel te beleef.

Soek jy ’n meer intellektuele kerk, is daar Kultuurhuis of Stadsakademie. Jy kan ook by ’n internetkerk aansluit. Miskien is jy meer asketies, dan kan jy by die “Nuwe Monastiese Kerk” aansluit. Of dalk verkies jy ’n kerk wat op rolprente konsentreer of op biblioteke of seminare.

Daar is kerke wat ’n sosiale bediening het en op lewensoorgange of -krisisse konsentreer. Hulle vergader om ’n gemeenskaplike belang en kyk of spiritualiteit hul insig en praktyke kan verdiep.

Baie kerke ontstaan in uitgeskuifde groepe, soos immigrante uit Afrika en Asië. Ander skaar hulle om ’n verbintenis soos gay-wees en konsentreer op die kinders van gay paartjies.

Ek praat toe hier met ’n paar Afrikaanse mense wat nie meer na die hoofstroomkerke toe wil gaan nie, maar ook nie na die afgestigtes nie. Hulle wil vorentoe gaan en nie terug nie, maar tog iets van die spirituele en gemeenskap van kerkwees behou. Dít is wat hierdie mense eerlik na soek: spiritualiteit en gemeenskap. Ek het dit ook in Switserland gesien.

So sê die een vrou: “Ek soek gemeenskap, daardie soort community wat jy net by mense kry wat iets spiritueels gemeen het. Ja, ek soek ’n spiritualiteit wat my gees intiem met ander mense s’n verbind, wat my laat glo ek is meer as net ’n liggaam. En dat ek met God kan bond.”

So weet ek nou nie of daar sulke gemeenskappe in Suid-Afrika is nie. Maar lyk my daar is ’n behoefte. Kan hoofstroomkerke dit terugbring – spiritueel saamwees, sonder politiek en issues?

  • Landman is professor in teologie aan Unisa.
Meer oor:  Kerke  |  Hervorming  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.