Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Afrikaners vrek al lank oor ’n ‘royal spectacle’
Johan van Wyk

Dit is ’n uitgemaakte saak: Jy kan politici, of “politikuste”, soos ’n Johannesburgse professor (nogal in politieke wetenskap) die beoefenaars van dié twyfelagtige beroep genoem het, ten ene male nie vertrou nie.

Nie met jou vrou, jou dogter of jou geld nie – en allermins met die Groot-Karoo.

Die jongste voorbeeld is die nuwe minister van mynwese, Gwede Mantashe. Die landwye sug van verligting dat Shell van die ontginning van skaliegas in die suidelike Groot-Karoo afgesien het, was skaars koud of Mantashe vertel ons dat die planne daarvoor voortgaan.

Intussen kom die diepe ontevredenheid met die verloop van die SKA-projek naby Carnarvon en hoe dit Karoo-mense se lewens ontwrig al meer na vore. Benewens minagting vir ’n leefwyse wat oor geslagte opgebou en in stand gehou is, is nie net twee plase, soos belowe is nie, maar 140 000 ha vir skaapproduksie verlore.

Hy weet niks. Hy weet alles. Dit dui duidelik op ’n loopbaan in die politiek.

Dít te midde van oorweldigende wetenskaplike getuienis van die onherroeplike skade wat die ontginning van skaliegas die omgewing sal aandoen, plus die skrikwekkende vooruitsig van die vernietiging van sy skaars, lewensnoodsaaklike ondergrondse waterbronne. Die skaliegasbron is ook dramaties kleiner as wat die regering voorgee. Die gewaande rykdom en tienduisende werkgeleenthede wat dit sal skep, is dus ’n totale oordrywing.

Maar terug na politici. Die bekende Engelse dramaturg George Bernard Shaw was in die kol toe hy opgemerk het: “Hy weet niks. Hy weet alles. Dit dui duidelik op ’n loopbaan in die politiek”. Nie dat Shaw altyd reg was nie. Ná ’n treinrit van Johannesburg tot in Kaapstad het hy die Groot-Karoo as “miles and miles of bugger-all” beskryf.

Al wat hulle van hom te siene gekry het, was toe hy in sy kamerjas, sigaret in die mond, op die bruggie van sy persoonlike rytuig verskyn en liggies gewaai het.

Sy onkunde kan hom vergewe word, maar die Engelse nie die dood van derduisende vroue en kinders in die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog nie. Was dit nie daarvoor nie, was die Afrikanervolk vandag nie ’n onbeduidende, kwynende spatseltjie in sy vaderland nie.

Ek het myself tydens die prag en praal van die koninklike troue daaraan herinner. Dit is nie van vandag af dat Afrikaners oor ’n “royal spectacle” vrek nie.

Toe die prins van Wallis, later die geabdikeerde koning Edward VIII, Suid-Afrika in 1925 besoek het, het Noordwesters met die trein van Calvinia af Hutchinson toe gery in die hoop om met sy koninklike hoogheid skouers te skuur.

Al wat hulle, ná ’n lang wag in bitter koue, van hom te siene gekry het, was toe hy in sy kamerjas, sigaret in die mond, op die bruggie van sy persoonlike rytuig verskyn en liggies gewaai het terwyl sy trein stadig deur die stasie beweeg. Toe het die drywer laat waai.

Terug van die teleurstellende “royal visit” het Lewies van die Beenpense van Draaikraal in die Ceres-Karoo ontnugter verklaar: “Al goeie dinge wat die Engelse na Suid-Afrika gebring het, is Engelse sout vir jou maag en spek en eiers vir brekfis!” Dis wat ek nou gaan eet. Lekker!

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Herinneringe  |  Engelse  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.