Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Afsondering is eerder om tot besinning te kom
Prof. Hennie van Coller

In die inperkingstyd kan baie van ons bevoor-regtes oor die hele wêreld karring in tuine of huisplante, hier en daar knutsel; vergete boeke op die boekrak nadertrek of televisie kyk, musiek luister en weglê aan bredies en sop.

Dalk teug aan wyn, whisky of vrugtesappe. Afhanklik van voorkeure. Vergeet van bedelaars op straathoeke en karwagte wat bakhand staan. Grendeltyd bring mos ook ’n einde aan pendeltyd.

Veel meer mense is beperk tot klein ruimtes met weinig te ete; dikwels sonder lopende water. Dis hulle wat nie die luukse het om stoksielal-leen in motors te gaan inkopies doen en ook nie die geld (en plek) het om trollievragte kos aan te koop nie.

Van oudsher kon mense met geld en/of mag hulle afskerm van die armes: in Middeleeuse kastele; aparte ruimtes op skepe – ver van die matrose – in herehuise op die platteland, huise in veiligheidskomplekse; strandhuise in eksklusiewe strandoorde.

“Grendeltyd” hou vir my assosiasies in van “afgrendel”, beangs alle grendels sluit; jou geweer se grendel sluit en jou-self bewapen. Eintlik afsluit van dit daar buite: die ellendes en lyding van ander. Treffend onder woorde gebring in Johan Myburgh se gedig “Somer 1348”:

Afsondering laat my dink aan drank wat in ’n kelder geplaas word sodat dit stil en ryp kan word.

Terwyl die plaag aan’t woel was in Florence [ . . . ] / het dié wat dit kon bekostig selftevrede uitgewyk na die heuwels rondom Fiesole, en ongestoord / in kwarantyn die tyd verwyl [ . . . ] / weggelê aan aarbeie / met drielobblare, in gewaande onsterflikheid.

Afsondering of isolasie is eerder om tot besinning te kom, die oë na binne te rig en om te trag om ontslae te raak van dit “wat pronk en sieraad was / [ . . . ] en vér was van die pyn” soos ons Groot Digter te stel. In België trek baie skrywers en digters (maar ook sakelui) hulle gereeld terug in kloosters om juis in die afsonde­­r-ing hulle opnuut voor te berei vir die volle lewe daarbuite.

Die gelowige Rob Antonissen het afgesonder in ’n klooster in Vlaandere geskryf aan sy eerste werke oor die Afrikaanse taal- en letterkunde lank voordat hy permanent na Suid-Afrika verhuis het. Luuk Gruwez (agnostikus) weer werk gereeld in ’n klooster, bekend om sy trap-pistebier, aan sy gedigte.

Afsondering laat my dink aan drank wat in ’n kelder geplaas word sodat dit stil en ryp kan word. Maar nie vir altyd nie. Die kuns is om te weet wanneer die rustyd, soos ’n winterslaap, moet eindig.

Sou ’n winterslaap in die barre Vrystaatse winters nie heerlik gewees het nie? ’n Toestand van hipotermie waardeur jy die winter kan oorlewe, sonder om voortdurend te eet en te drink. (Waartydens jy boonop ontslae kan raak van al jou opgegaarde vet sonder om ’n voet te verroer, rond te spring of op een plek te draf.)

Sodat jy ná die slaap of afsondering die lewe opnuut kan aanpak.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Isolasie  |  Inperking  |  Afsondering  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.