Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Aktivisme oor omgewing in nuwe tydvak
Elise Tempelhoff

Gister, 22 April, was Aardedag. Dit was die 49ste keer dat die fokus op dié dag op ons enigste woning, die aarde, geplaas is.

Ons het by ’n kruispad gekom oor die manier waarop ons die planeet aarde bewoon en bewerk: óf ons kies ons eie ondergang en maak lewe op aarde ondraaglik óf ons roep halt en begin dié klein, blou planeet met oorgawe bewaar deur eenvoudiger te leef en minder te verbruik.

Die massiewe plundering van die aarde (wat veral die afgelope 50 jaar – ja, en met ’n bevolkingsontploffing) in intensiteit toegeneem en met die Nywerheidsrevolusie begin het, het ons nou by ’n punt gebring waar lewe op hierdie planeet nie meer volhoubaar is nie.

Ná al die wetenskaplike verslae oor klimaatsverandering en uitsterwende spesies het meer as 100 natuurwetenskaplikes in Mei verlede jaar die grondslag vir Extinction Rebellion (XR) gelê, waarna jongmense begin protesteer het. XR het eintlik in Oktober momentum gekry ná die publikasie van die Internasionale Paneel oor Klimaatsverandering (IPCC) se verslag, waarvan die kernboodskap was dat ons net 12 jaar (nou 11 jaar) het om klimaatsverandering te stuit.

XR het nou 130 579 Twitter-volgelinge en 139 000 op Facebook. Suid-Afrika se XR-tak het 1 300 lede, hoofsaaklik in Kaapstad en Durban. Die bewaringsorganisasie Oceans Not Oil (ONO) is by XR geaffilieer.

Die afgelope week het XR chaos in Londen veroorsaak toe lede brûe en hoofweë versper en hulle aan bome en relings vasgeketting het.

Die afgelope week het XR chaos in Londen veroorsaak toe lede brûe en hoofweë versper en hulle aan bome en relings vasgeketting het. Londen het feitlik tot stilstand gekom. Die paniekbevange polisie het meer as 1 000 vreedsame protesgangers in hegtenis geneem.

XR doen ’n beroep op die mensdom om saam te staan en ’n ekonomiese ommeswaai teweeg te bring: Hulle eis koolstofneutrale ekonomieë teen 2025 en ware demokrasieë waarin XR-lede sitting in die parlement kan kry. XR het die afgelope weke ook in Australië, België, Kanada, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Italië, Nieu-Seeland, Noorweë, Spanje, Nederland, Suid-Afrika, Amerika en Switserland gesig gewys. Hulle het stewige bande met die School Students’ Climate Strike van die Sweedse tiener Greta Thunberg.

Die sterk stemme wat van hulle laat hoor, onderskryf ’n vreedsame protes teen regerings wat maatskaplike kontrakbreuk pleeg deur niks te doen om klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies en ekologiese ineenstorting te stuit nie.

Maatskaplike en omgewingsaktivisme het met XR en Thunberg se verset ’n nuwe tydvak betree en soos die protesgolf oor die aarde beweeg, sal dit binnekort op politieke agendas móét verskyn.

In Suid-Afrika beplan ONO op 24 Mei ’n protesoptog teen “onwettige bedreigings”. Daar sal betoog word teen olie- en gasreuse (Operasie Phakisa) wat op ons grondgebied en in ons see wil boor. Dit sal ook ’n verbreking wees van die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering.

Meer oor:  Bome  |  Omgewingsbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.