Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ál ‘pitteger’ in hierdie eind-/begintye
Blouwillem
Blouwillem

Vanoggend het die son sowaar weer bloedrooi hier by ons opgekom!

’n Blom van ’n dag, soos ou Jo altyd sê. Dalkies selfs ’n braaidag, wie weet? Ek kan nie onthou wanneer ons laas gebraai het nie, maar as ek reg onthou, was dit gister.

In die tuin die geelbekbosduif en piet-my-vrou, wat koer en kwetter, en die eskader hadidas, wat steeds vol-ketel my voltenk-motors met geesdrif bemors (almal skynbaar nog in uitstekende gesondheid).

Ja, my liewe vriende en vriendinne, wat op Moeder Aarde kan ons in ons dommigheid en nietigheid van hierdie tye sê?!

Is dit die eindtye, of dalk eerder kraakvars nuwe begintye?

Ek weet ook maar nie, want as ek daaroor reg kon raai, sou ek mos elke week ook in die kol gewees het met die Lotto-nommers, of hoe?

Snaaks hoe ons ook nou simpel goedjies uitdink om te doen wat ons so lank nagelaat het. Soos om jou hond te streel en vir vroulief ’n bal in die tuin te gooi.

En dan wonder ek wat mnr. Van Wyk sou gesê het as hy moes weet dat die outjie wat hy oor sy droewe wiskundepunte aangeraai het om eendag ’n spietkop te word, nou plat of sy rug op die sitkamerbank voor die TV lê, besig is om die wêreld te red. En dink aan die reaksie van ons onnies wat altyd met die grootste geesdrif agter die rokers se bloed aan was, as hulle moes weet dat dit in óns dag wettig sou wees om dagga te rook, maar onwettig om te werk.

Snaaks hoe ons ook nou simpel goedjies uitdink om te doen wat ons so lank nagelaat het. Soos om jou hond te streel en vir vroulief ’n bal in die tuin te gooi.

En jy doen mos niks vinnig nie, want dan het jy môre niks om te doen nie.

Ons hartsvriende uit Holland, Barry en Kotie, is genadiglik saam met ons twee vasgekeer (ek en Barry is al 60 jaar beste pêlle en was kamermaats in baie koshuiskamers, totdat ons elkeen later vir ons mooier kamermaats aangeskaf het.)

Wie van julle het geweet dat granate gemiddeld 952 pitte in het?

Die wederhelfies dink nou daagliks vir ons allerhande takies uit (behalwe gister, toe ons vir hulle verduidelik het dat jy nie op die Sabbatdag mag werk nie).

Behalwe vir herstelwerkies, braai en skottelgoed was, ook interessante takies om ons twee weg te hou van brug: Backgammon, Krabbel, Monopoly en ou Barry se Bergkeldervoorraad, wat net betyds aangekom het.

Die twee liewe huisdiertjies van ons gee ons op dag een ’n sak granate wat ons by ouboet Jan gekry het om te ontpit. Wie van julle het geweet dat granate gemiddeld 952 pitte in het? Wel ek het dit ook nie voorheen geweet nie. Wys jou net hoe ’n mens hierdie tye kan gebruik om selfs nóg pitteger te word!

Terloops, ek het hierdie episteltjie met blou handskoene getik, so ek dink darem dis veilige leesstof (nee Seun, soek episteltjie maar in die HAT, dis nie ’n vloekwoord nie.)

O, ja, en wat ek lees? Ou Bill Bryson se 700 bladsy At Home, sy verhaal oor hoe ons deur die eeue mak huisdiere geword het.

Rêrig!

Meer oor:  Blouwillem  |  Korona  |  Doendinge  |  Kwarantyn  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.