Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Alle eer aan ons heerser, die grote Jakob

As daar nou een ou is wat ’n Blou Maandag kan opkikker, is dit die koninklike oudvors, die voormalige Nommer Een, die Gupta-bloubloed, steeds handeldrywend as Jakob Regop.

Want met sy getuienis voor die Zondo-kommissie was die verligting dat hy nie meer ons president is nie, besonder groot.

Só getuig dié man – die man wat deur die ANC voorgestoot het as die beste wat hy het – dat hy nooit Suid-Afrika “opgeveil” het nie.

Want sien, hy het mos nooit Tafelberg opgeveil nie.

Vryburger is egter vas oortuig dat alles tussen Duiwelspiek en die Gewelberge (Twelve Apos­tles) nou al ’n Gupta-bruilofsoord sou wees as Zuma nog aan die stuur van sake was!

spotprent
spotprent

Die saligspreking van Zuma

So gepraat van duiwels en apostels: Vryburger sien ook dat die oud-dominee Carl Niehaus, wat oor die dood van sy eie ma gelieg het, by die Zondo-kommissie van die berg afgekom het met die gebod dat Zuma se kraal heilig is.

Vermoedelik die eerste opgetekende geval van ’n rot wat ’n gesonke skip te hulp probeer snel.

Vermoedelik werk hy reeds ook aan sy eie inkantasie: “Onse Nommer Een wat nog woon in Nkandla, laat U kraal geheilig word; laat die Gupta-koninkryk kom; laat die Guptas se wil geskied, soos in die parlement, net so ook in die Uniegebou. Gee U vandag u daaglikse vrou; en hou U tog net uit die hof, net soos U Schabir uit die tronk gehou het; en laat lei U nie deur die Grondwet nie, maar verlos U van die regbank. Want aan U behoort die koninkryk en die mag en die oneerlikheid, tot in ewigheid.”

Is dit nou Nommer Een of Nommer Drie?

Intussen merk Vryburger op koning Gupta verwys voor die Zondo-kommissie na homself in die derde persoon, soos in: “Daar was ’n man met die naam Zuma . . .”

Met dié sluit hy hom aan by dié bekendes en berugtes wat ook só na hulself verwys: Vryburger, wat na homself as Vryburger verwys, selfs al praat Vryburger nie ewe graag oor Vryburger nie. Maar, nou ja, Vryburger het seker nie Gupta-tjommies nie. ) Julius Caesar, soos in: “Caesar se vrou moet bo alle verdenking staan.”) Die karakter Jimmy in Seinfeld, soos in: “Jimmy will see you around!”) Salvador Dalí, soos in: “Dalí is immortal and will not die.”) En besonder beduidend: Richard Nixon, soos in: “You won’t have Nixon to kick around anymore.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.