Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Alle pelgrims moet hul eie paadjie volg
Esté Gross

Op 13 Junie 1920, vandag net minder as 100 jaar gelede, het die Verenigde State se posdiens finaal voet neergesit.

Nee, jy mag nie jou kind met die pos stuur nie. Al weeg jou kind onder die maksimum toegelate gewig, is dié pakkie nie gepas nie.

Die wet is ingestel ná enkele gevalle waar ouers hul kinders vir ’n kuier na hul grootouers gekoerier het omdat dit goedkoper was as ’n treinkaartjie.

Partykeer was dit bloot vir die grap omdat die ouers die posman goed geken het en die familie om die draai gebly het.

Stories oor ongewone en amusante pakkies trek veral nou my aandag want ek is besig om te trek.

Party dinge draai ’n mens met ’n ekstra koerantlaag toe om te verseker dat dit heel anderkant uitkom. Trek is ’n beslommernis én ’n terapiesessie. Jy besluit opnuut wat trek saam, wat hoort op die weggeehoop en wat gooi jy finaal uit jou nes.

Wat maak dat sommige mense besluit om op ’n dag net alles agter te laat en op ’n tog te gaan?

Wat my laat dink: Wat maak dat sommige mense besluit om op ’n dag net alles agter te laat en op ’n tog te gaan?

Soos die Amerikaner Peace Pilgrim (1908-1981). Sy was eintlik Mildred Li­sette Norman voor sy haar naam verander het.

Op 1 Januarie 1953 het sy met net die klere aan haar lyf, skoene en enkele besittings wat in haar broeksak pas, die eerste tree gegee van haar pelgrimstog om haar boodskap van vrede oor te dra aan almal wat wil luister.

Sy het mense nooit gevra vir kos of blyplek nie en het geen geldelike donasies aanvaar nie. Sy was volkome afhanklik van vreemdelinge se gasvryheid en barmhartigheid. So het Peace die Verenigde State deurkruis. Teen 1964 het sy reeds oor die 40 000 km afgelê. Daarna het sy opgehou om haar treë te tel en vir 28 jaar met die pelgrimstog volgehou – tot en met haar dood in 1981.

In die rolprent Forrest Gump besluit die karakter ook om op ’n dag alles agter te laat en te begin hardloop.

Hy het geweet waarom hý die pad vat. Dit was om sy verlede agter hom te sit, maar die volgelinge wat agterna gedraf het, het gedink hy gaan hulle eendag beloon met ’n besonderse openbaring.

Die dag toe hy stop en omdraai, sê hy bloot vir hulle: “Ek is moeg. Ek gaan nou huis toe.”

Die les? Volg jou eie pad. Jy weet nie waarna of waarom ’n ander pelgrim draf nie.

Jy draf dalk bloot in die skadu van ’n ander se verlede.

Amanda Strydom sing in die “Pelgrimsgebed”: “Alle pelgrims keer weer huis toe, elke swerwer kom weer tuis.”

Net jy kan jou pad stap en alle pakkies kán of moet nie bloot in ander mense se hande gesit en versend word met ’n posseël nie.

Net jy weet waar jou tuiste is.

Meer oor:  Esté Gross  |  Swerwers  |  Paadjie  |  Lewenspad  |  Pelgrims  |  Poskantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.