Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Alles prima hier in Amsterdam

Alles goed? As ek terug in Bloemfontein is, sal ons moontlik “een bakkie kan doen” (koffie drink) sodat ek vir julle kan vertel presies hoe lekker dit in Holland was.

Marietjie Gericke
Marietjie Gericke

Dit is baie “gezellig” in dié wêreldse toeristestad met prentjie-mooi argitektuur uit onder meer die Middeleeue (en natuurlik baie nuwerwetse geboue ook). Soos iemand nou die dag sê “die hele Amsterdam is eintlik ’n museum”.

Kaartjies by die ritse amptelike museums is soms weke vooruit uitverkoop, soos dié vir die Van Gogh-museum, wat drie weke vooruit uitverkoop is. By die Anne Frank-museum is dit byna onmoontlik om in te kom. Sowat 4 000 mense besoek daagliks die (klein) museum en elke dag moet sowat 2 000 mense weggewys word, sê personeel.

Die mense het baie “kopstootjes” (’n bier en ’n knerts jenewer) saam, veral as die weer mooi is. Dan trek kroeë en restaurants met permitte daarvoor, met meubels en al na die grachten waar verversings oorkant die straat in die buitelug bedien word. Dan sê hulle vir mekaar “eet en drink smakelijk” en vir die kelner “dank je wel”.

Ek het oral met “de benen gewagen”, want ek het gevoel dit is betroubaarder totdat ek die openbare vervoerstelsel wat tot 1 miljoen mense bedags karwei, verstaan.

Die Hollanders sê graag vir mekaar “lekker weertje, hé”. Ná ’n groot ete langs ’n gracht sê hulle “we sit even uitbuiken” – ons sit agteroor en stoot ons mae uit.

Ek het twee “klompen-fabrieke” besoek waar klompe in vyf minute (teenoor twee tot drie uur per paar met die hand) met masjiene vervaardig word. Van die klompe het pragtige patrone op en word vir trou-skoene verkoop, ander kry lemme onderaan waarop boere in hul modderige lande kan skaats.

Maurice van “Maurice se boot” en sy vrou neem Suid-Afrikaners gratis op sy boot in die grachten uit omdat hy ’n voorliefde vir Suid-Afrikaners het. Sy eerste meisie (op 5 jaar!) was ’n Suid-Afrikanertjie wat hy nie weer gesien het nie.

By die mooie Keukenhof het dit gevoel of ek voortydig in die hemel beland het of “dat ik met mijn neus in de botterbak gevallen het”.

By die mooie Keukenhof het dit gevoel of ek voortydig in die hemel beland het of “dat ik met mijn neus in de botterbak gevallen het”.

Die hele Amsterdam is prentjie-mooi en die stad het nie net “agtentachtigen, prachtigen, machtigen, grachten” soos een van die toergidse gesê het nie, maar ook 600 000 “killer bikes”. Elkeen het glo twee fietse hier – een vir naweke en nog een om in die week gesteel te word, is grappenderwys aan ons vertel.

In Haarlem het ek onder meer die Frans Hals- en Teylers-museum, asook die Grote St.-Bavo-kerk besoek. Die uitdrukking “de kogel is door de kerk” kom van dié kerk waar nog duidelik gesien kan word presies hoe die koeël deur die kerkgebou is. Prima-groete.

Meer oor:  Marietjie Gericke  |  Amsterdam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.