Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Almal van ons is pasiënte in dié hospitaal
Esté Gross Foto: Fathom Media

Maandag, terwyl ek huis toe ry, hoor ek in die laatmiddagnuusbulletin op RSG dat David Makhura, premier van Gauteng, die stygende aantal koronavirusinfeksies in die provinsie vergelyk met ’n “huis wat aan die brand is”. Dieselfde woorde loei die volgende oggend op Beeld se voorblad.

’n Goeie vriend van my, Wikus, is verlede week in die hospitaal opgeneem weens ’n skielike pyn op sy hart. Ek dink ’n mens kan eers werklik soos Wikus verstaan hoe vinnig ’n huis kan afbrand as jy, soos hy, self voor die vlamme en die rook moes vlug.

Sy Covid-19-toets se uitslag was gelukkig negatief, maar die dokter het steeds onraad vermoed en gesê: “Om jou in die hospitaal op te neem is ongelukkig ’n moet.” Dit het die dokter talle oproepe geneem om te midde van die pandemie ’n bed in die hospitaal vir hom te kry.

Wikus vertel verder vir my oor die foon dat hy sommer gou goed bevriend geraak het met sy kamermaat in die hospitaal, Riaan. “Dit is immers wat gebeur wanneer ’n vreemdeling die vriend word wat die noodknoppie vir jou druk as jy nie kan nie.”

So middag se kant in die Wilgeheuwel-hospitaal is albei dié pasiënte uit hul beswymings geruk deur ’n gesweis in die gang.

Hy is besig om vinnig ’n glasdeur in die gang op te sit. So asof hy hulle moet beskerm teen die onsigbare vlamme en rook van Covid-19 wat wreed en honger in die gange woed.

Die suster het kort daarna in hul kamer ingestap en gesê: “Jammer, maar ons gaan julle moet skuif. Afdeling 6 word afgesonder vir Covid-19-gevalle. Sorg dat julle alles het. Daar is mense wat veg om hul lewe en wat dringend beddens nodig het.” Hulle twee word net daar, met hul tasse op hul beddens, opgesaal en haastig na ’n ander afdeling verskuif.

In die gang sien hulle die man wat so sweis. Hy is besig om vinnig ’n glasdeur in die gang op te sit. So asof hy hulle moet beskerm teen die onsigbare vlamme en rook van Covid-19 wat wreed en honger in die gange woed.

Die tweede aand was skaars om toe die suster die ligte weer aanskakel en die nou al bekende deuntjie herhaal: “Jammer . . . maar daar is mense wat veg om hul lewe en wat dringend beddens nodig het . . .”

Die dokter het Wikus sommer dieselfde oggend kom sien. “Jy is buite gevaar en ontslaan. Sorg dat jy so gou moontlik uit die hospitaal kom.”

Tog, midde al die verskriklikheid, die dokters en verpleegpersoneel duidelik al uitgeput, sorg hulle steeds deernisvol vir elke pasiënt.

Vroeër, voor die gesweis en die geskuif, het Wikus die oggend in afdeling 6 wakker geword van die mooiste sang wat deur die lang hospitaalgang trek. Dit is die verpleegpersoneel wat elke dag begin met sang en gebed. Hy vra die suster wat die woorde van die een Sotho-lied beteken. “Ons sing ‘Dankie, Heer, dat U ons elke oggend wakker maak’,” verduidelik sy.

’n Gebed van dankbaarheid vir elke dag, al is ons almal saam in ’n brandende hospitaal, genaamd Suid-Afrika.

  • Gross is ’n omroeper en sangeres.
Meer oor:  Esté Gross  |  Hospitaal  |  Lewe  |  Virus  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.