Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Als op dieselfde trant ná eleksie
Rapule Tabane

Met die verkiesingskoors wat hemelhoog is, is dit tyd dat ons die moontlike uitslae en derhalwe die toekoms van hierdie land ontleed. Maar ek glo nie veel gaan verander nie.

Anders as in die munisipale verkiesing in 2016 toe die politieke landskap geskud is deur die ANC se magsverlies in drie groot metropole – Nelson Mandelabaai, Tshwane en Johannesburg – gaan stempatrone verander, maar magsetels gaan bly waar hulle is.

Die ANC betree die verkiesing met die belofte van ’n nuwe daeraad wat sal aanbreek wanneer Cyril Ramaphosa die magshefbome oorneem. Hy het beloof om korrupsie vas te vat en die geloofwaardigheid en doeltreffendheid van staatsbeheerde ondernemings en wetstoepassingsorganisasies, soos die nasionale vervolgingsgesag, die Valke en die polisie, te herstel. In ’n neutedop het hy onderneem om die vermorsing in die nege Zuma-jare om te keer.

Dít word vanselfsprekend gekompromitteer deur die feit dat individue wat deel van Jacob Zuma se strooptog was weer in gesagsposisies in die regering en die ANC gaan dien.

Maar Ramaphosa se boodskap van hoop en hernuwing sal die ANC se afwaartse spiraal in ’n mate stuit.

Maar Ramaphosa se boodskap van hoop en hernuwing sal die ANC se afwaartse spiraal in ’n mate stuit. Die party gaan beslis minder as die 62%-steun van die verkiesing in 2014 behaal, maar die vraag is hoe groot die daling gaan wees. Ek vermoed dit gaan onder 60% wees, maar nie laer as 55% nie.

Dit sal geen verrassing wees nie in die lig van die ANC se geskiedenis van wanprestasie en korrupsie die afgelope 25 jaar. Ofskoon die party baie vir arm mense gedoen het, het dié mense steeds geen waardigheid as hulle nie werk of derhalwe ’n inkomste het nie.

Die ANC gaan dus steun verloor, maar daar is geen gevaar van ’n verlies aan mag op nasionale vlak nie. Hy gaan wel geskok word deur die uitslae in Noordwes en KwaZulu-Natal. En in Gauteng gaan hy sukkel om 50% te haal en sal dalk ’n koalisieregering nodig hê.

Die DA was die laaste paar jaar op ’n stewige groeipad, maar in dié verkiesing gaan hy die stagnasiepunt bereik. Die gebruik van Tony Leon, voormalige leier, om ná ’n lang afwesigheid vir hom stemme te werf, toon dat hy bekommerd is. Die rede daarvoor is dat hy al die moontlike gedoen het om swart steun in die townships te werf en bang is dat sy kernsteungroep van wit, Indiër- en bruin kiesers gevolglik nie meer bankvas agter hom staan nie.

Dit is ’n nuwe ontwikkeling omdat 90% van minderheidsgroepe die DA in die laaste verkiesing gesteun het.

Die pogings om diverse steun te werf, het ook nie so vlot verloop soos wat die party verwag het nie.

Dit lyk baie onwaarskynlik of sy verklaarde voorneme om Gauteng se regering vanjaar oor te neem, gaan realiseer. Trouens, die een provinsie onder DA-beheer (die Wes-Kaap), word nou bedreig deur ’n ANC-EFF-Good-alliansie sou die DA nie 50% van die stemme kry nie. Dis ongelooflik dat ’n party met ’n stewige beleid nie die verbeelding kan aangryp nie. Hy sal ná 8 Mei ernstig selfondersoek moet doen.

Die een party wat reusegroei van 6% tot 10% of meer kan verwag, is die EFF. Arm mense sien in Julius Male-ma ’n moontlike bevryder van die ANC-regering. Sy party beloof ’n verdubbeling in welsyntoelae en omtrent alles anders gratis in wat na ’n oppasserstaat lyk.

  • Toe die EFF in 2016 genoeg mag bekom het om die DA te help om die ANC in sommige munisipaliteite te troef, was hy slim genoeg om te weier om op enige plek te regeer. Dit stel hom nou in staat om te vra om ’n geleentheid om te regeer omdat die “ANC en die DA” misluk het, terwyl die EFF nog nooit getoets is nie. Tabane is City Press se politieke redakteur.
Meer oor:  Rapule Tabane  |  Menings  |  Verkiesing 2019  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.