Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC-DA-koalisie sal maar sukkel
Gert Coetzee

’n Koalisie tussen die Ramaphosa-faksie van die ANC en die DA klink vergesog.

Wilde scenario’s is tog deel van toekomsbeplanners se vooruitsigte oor moontlikes en waarskynlikes. Al help dit net gedagtes loskry.

Die ANC-meerderheid het sedert 1994 nasionale koalisies uitgeskakel. Vir 25 jaar het die volstrekte meerderheids-party hom gewoon nie steur aan demo-kratiese wigte en teenwigte nie. Roteren-de magswisseling en bewind was ons nie beskore nie.

Vóór Nasrec 2017 het sprake opgeduik dat die ANC weens Zuma-besmetting in verkiesing 2019 die eerste keer minder as 50%-steun kan kry. Maar Zuma is uitgeknikker en die CR 2017-groep se man is nou aan die stuur.

Dat Cyril, wat met ’n haarfyn breedte gewen het, nie almal (in die ANC) se man is nie, is gewis. Magsmakelary en faksie-splitsing het ook nie gewyk nie. Ook om die nuwe leier uitgewerk te kry en die party (en land en geldkas) te herkaap. Dus: staatskapers vs. staatshelers; zumakrate vs. tegnokrate; anargiste vs. behoudendes; radikaal-ekonomiese transformiste vs. sosiaal-demokratiese kapitaliste. Sonder klinkklare skeidslyne of uitsluiting.

Hoe verweef staatskaping in die ANC se DNS ingeteel is, blyk uit data-ghoeroe Kyle Findlay se “data cheat sheet” – op Daily Maverick – wat hy op Jacques Pauw se The President’s Keepers grond. Die magdom spikkels in konsentriese sirkels is duiselingwekkend. “. . . the good and the bad are connected together; the investigators are connected to the criminals; the corrupt are connected to each other; and so on,” lig Findlay toe.

En al verskiet Zuma se ster, konkel hy nog in KwaZulu-Natal wat die magsbasis van die front teen CR is.

Met ses hoofgroepe: Zuma (sentrale figuur); wetstoepassers (Valke, misdaad-intelligensie, NVG); inkomstediens; SVA, Guptas en die kriminele onderwê-reld. Dié onheilige web moet Ramaphosa nou uittorring – met ondersoeke; skuiwe; afdankings, en aanstellings – en herkon-strueer.

Intussen is daar interne weerstand en wegkalwery. Een vasbyter is Supra Ma-humapelo wie se Noordwes-premierskap betogers eis.

Oor bewerings is die Supra-straaltjie die gewone verlammende “enigiemand in Suid-Afrika kan slegs ingevolge wetsprossese korrup bevind word”.

Ego’s, aspirasies en agendas is ter sprake. En die ANC-DA deel nie ’n geskiedenis nie.

Mahumapelo is een van drie lede van die premiersliga wat hulle vóór Nasrec 2017 vir Zuma se herverkiesing – en eintlik hul eie magsposionering – bepleit het. Die ander is David Mabuza, nou adjunkpresident, en Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, oor wie albei vrae gevra word.

En al verskiet Zuma se ster, konkel hy nog in KwaZulu-Natal wat die magsbasis van die front teen CR is. Terwyl, as dit by politieke boewery kom, min die anti-Cyril-groep skei van die EFF, wat ook uit die ANC gebaar is.

Van die beslissende partye in 1994 se verkiesing (ANC; NP; IVP) speel net die ANC nog ’n hoofrol. Die Onafhanklike Demokrate, Cope en Agang het ontstaan en verdwyn. In 2014 was die ANC, DA en EFF die drie grootstes. In ’n onwaarskyn-like alliansie is die DA en EFF koalisie-vennote in van die groot metromuni-sipaliteite. Dit wankel.

Onder Ramaphosa lyk dit of die ANC in 2019 sy oorgrote meerderheid gaan behou. Wat koalisiebehoefte uitskakel.

Op nasionale vlak sou dit seker eers kon gebeur wanneer die breuk in die ANC op die spits gedryf word sodat hy in twee groeperinge herskik word. Met zumakrate en die EFF as klone. En die sosiaal-demokratiese vleuels van die ANC en DA wat weer ooreenstem.

Gesonde koalisies dra by tot knap konferedale staatsbestuur, maar dra tog ook die kiem van owerspelligheid.

Ego’s, aspirasies en agendas is ter sprake. En die ANC-DA deel nie ’n geskiedenis nie.

’n ANC-DA-koalisie – of sal dit DA-ANC wees? – klink teoreties haalbaar, maar in die praktyk gaan dit sukkel.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Da  |  Anc  |  Koalisie  |  Menings  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.