Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC-grondplan steeds duister
Gert Coetzee

Die knelpunt van die eensydige ANC-voorneme om die Grondwet te wysig vir die onteiening van grond sonder vergoeding bly dat niemand weet hoe en waar dit sou gebeur nie. Ook nie die ANC nie.

Soos pres. Cyril Ramaphosa, as ANC-hoofindoena, dit ná eergister se lekgotla gestel het, sal die ANC deur ’n parlementêre proses ’n voorgestelde wysiging aan die Grondwet finaliseer wat duidelik uitstippel “onder watter omstandighede” grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind.

Hiermee span die ANC die grondkar voor die parlementêre kar in, ook deurdat die parlement se grondgesprek-ke eers môre afgehandel word. Duidelik dien die landwye grondforums die ANC se vooropgestelde oogmerk, naamlik dat onteiening sonder vergoeding deurge-dryf gaan word, kom wat wil – ingevolge die besluit op sy nasionale konferensie in Desember. Die “mense se oorweldigende steun” vir onteiening regverdig die wysiging van die Grondwet, voer die ANC aan.

So stel hy retoriek voor mark- en produksie-realiteite.

Met sy kaping van die proses staaf die ANC hy beskou homself as soewerein.

Ook verwarrend, teenstrydig en vaag, is dat hy duidelikheid oor die eiendoms-klousule (artikel 25) deur die wysiging van die Grondwet wil uitskarnier. Eer-der as dat hy die parlementêre proses met deeglik geformuleerde punte bena-der.

Met sy kaping van die proses staaf die ANC hy beskou homself as soewerein.

Sou dit op die spits gedryf word, sou die ANC, EFF en partytjies met een of twee lede die tweederde-meerderheid vir wysiging van die Grondwet rakelings kon behaal.

Partye soos die IVP (tans vier LP’s) en die UDM (vier LP’s) raak magsmakelaars wat die keuse kan swaai.

Verwag ’n almagtige lawaai van die ANC en die EFF as die wysiging nie deurgevoer word nie.

Verwag ’n almagtige lawaai van die ANC en die EFF as die wysiging nie deurgevoer word nie – met laasgenoemde wat dit juis gister gestel het die ANC “volg” net die grondproses waarmee hy (die EFF) lei.

Albei ding om dieselfde kiesers mee.

Nietemin, soos dinge nou staan, kan “die omstandighede vir grondont­eiening” drie dinge beteken en selfs positief kon wees:

  • Onbeheerste grondroof (die gevreesde opsie). Hieroor sê die ANC deurlopend dit gaan nié gebeur nie en mark­stabiliteit en voedselsekerheid sal nie bedreig word nie. Ook gister weer, onge- lukkig by monde van Ace Magashule in die week ná sy revolusionêre Leninisties-Marxistiese lofbetuiging aan China op ANC Today.
  • Onbenutte grond van die staat, munisipaliteite en private eienaars wat onteien en aan grondloses oorgedra word. Die ideaal sou wees as ’n nuwe geslag produktiewe boere hierdeur toegang tot ontsluiting van landbou-waarde kry, maar vir ’n kwarteeu is hiermee misluk. En ontsluiting van waarde kom met finansiële risiko, veral in boerdery. Die ANC benadruk dat “ruimtelike ongelykhede in stede uitgeskakel gaan word” – dit lyk dus of dit is waarheen hy mik.
  • Niks nie, selfs al word onteiening sonder vergoeding deurgedryf. Onder die ANC is dit ’n waarskynlike opsie.

Klaarblyklik mik Ramaphosa en ’n deel van die ANC na opsie twee. Hoe hy in sy soeke na steun in sy eie party en na stemme in verkiesing 2019 daarin gaan slaag om dit te bestuur, bly die deur­slaggewende (en onbekende) faktor.

Kantopmerking oor die ANC se groenrevolusie-visie en stimulus-pakkette: Mislukte projekkies landwyd wys, miljoene rande later, dit is nie die uitweg nie.

Vir die hawelose DA bring die ANC-plan ’n reddingsboei. Met sy Jacob Zuma-troefkaart daarmee heen, het hy nou ’n ander unieke verkooppunt vir verkie-sing 2019 – teenstand teen die wysiging van die Grondwet.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Anc  |  Grondhervorming  |  Mening  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.