Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC misbruik gender-gelykheid
Rapule Tabane

Dit is ongelooflik hoe ons belangrike beginsels vir die transformasie van Suid-Afrika as persoonlike wapens gebruik om ander te na te kom en ons eie tekortkominge weg te steek.

Met die koms van demokrasie in 1994 het Suid-Afrika nuwe, belangrike beginsels uitgewys wat as ’n gids vir besluitneming behoort te dien.

Die beginsels van demokrasie, nierassigheid en gendergelykheid is ons rigtingwysers. Die ANC-vroueliga gebruik egter die beginsel van geslagsgelykheid as ’n wapen om korruptes te verdedig en die land gyselaar te hou.

Woensdag het Bathabile Dlamini, president van die vroueliga, Durban toe gevlieg om die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC te konfronteer ná die komitee besluit het om Zandile Gumede, eThekwini-burgemeester, weens swak prestasie af te dank. Om die een of ander rede het Dlamini die besluit as ’n uitsuiwering van vroueleiers beskou wat onmiddellik omgekeer moet word.

Bewerings van bedrog en korrupsie staar Gumede tans in die gesig, wat opsigself baie ernstig is en dit regverdig dat sy moet bedank. Maar die ANC is so inkonsekwent in hoe hy ander hanteer wat van dieselfde oortredinge beskuldig word, soos oudpres. Jacob Zuma, vir wie die party nie die moed gehad het om te vra om te bedank nie. Omdat die party sy kwesbaarheid besef het indien Gumede hof toe sou gaan, steun hy op die prestasie van die metro om haar af te dank.

Dlamini het ook Dinsdag gedreig dat die vroueliga weens onregverdige behandeling van die ANC sal wegbreek.

Die party sê: “Weens ’n volgehoue patroon van verkeerde besluite in sekere munisipaliteite, met geen gevolge nie vir dié wat buite die bestek van die reg of oneties optree, en die onvermoë om die ouditeur-generaal en die Munisipale Finansiële Bestuurswet se vereistes na te kom, wat tot massiewe gedinge gelei het en skaars hulpbronne vir dienslewering tot regskostes herlei het, het die party besluit dat die voortdurende en volgehoue agteruitgang van die gehalte van dienslewering in ons twee grootste stede, die eThekwini-metro en die Umsunduzi- plaaslike munisipaliteit (Pietermaritzburg), dringend aandag nodig het.”

Wat sy nie gesê het nie is dat daar vir die eerste keer 50/50-geslagsverteenwoordiging in die nasionale kabinet is.

Die ANC se besluit is interessant, want Gumede en die burgemeester van Pietermaritzburg was nie die enigstes wat die skuld gekry het nie. Die party het besluit dat al die ANC-lede in die uitvoerende komitees van eThekwini onmiddellik herontplooi word. Dit is betekenisvol, omdat dit Gumede ontneem van die verskoning dat sy geteiken is.

Tweedens was dit nie net eThekwini nie, maar ook Pietermaritzburg, nou die Umsunduzi-munisipaliteit, asook ander kleiner munisipaliteite wat gedwing is om hul leierskap te verander.

Op een of ander manier sien Dlamini en Gumede en hul ondersteuners net een vrou (Gumede) waarteen gediskrimineer word omdat sy ’n vrou is. Dlamini het ook Dinsdag gedreig dat die vroueliga weens onregverdige behandeling van die ANC sal wegbreek. Dit was nie duidelik waaroor die spesifieke klagte was nie.

Wat sy nie gesê het nie is dat daar vir die eerste keer 50/50-geslagsverteenwoordiging in die nasionale kabinet is. Dlamini en Nomvula Mokonyane se verwydering was dus nie ’n terugslag nie, maar het dit vir die president moontlik gemaak om nuwe vroue in die kabinet in te sluit.

Dit is nie die eerste keer dat die vroueliga probeer om die geslagskaart te speel as ’n dekmantel vir korrupte elemente nie. Lank voor die 2017-konferensie, toe daar diep ontevredendheid met Zuma se leierskap was, het die vroueliga hom in sy slagofferskap ondersteun. Die vroueliga het ook Nkosazana Dlamini-Zuma se kandidaatskap gebruik om uit te basuin dat die liga vroueleierskap soek, terwyl dit eintlik daaroor gegaan het om Zuma teen toekomstige vervolging te beskerm.

Dit is alles so deursigtig, maar nietemin kommerwekkend.

  • Tabane is City Press se politieke redakteur

Meer oor:  Rapule Tabane  |  Anc-Vroueliga  |  Politiek  |  Dreigemente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.