Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC oor plase ’n gevaarlike soort jakkals

Dit is D-dag vir Suid-Afrika.

Die ANC se aankondiging om grond sonder vergoeding af te vat op die dag wat Zimbabwe se verkiesingsuitslae bekend was, is nie sonder ’n Luthuli-huis vol ironie nie. Dit is niks anders as ’n Zim-plan nie.

Dit was ook nie so slim om Ace Magashule, die sekretaris-generaal, te kies om stotterend die party se voorneme af te lees om die ekonomie met ’n “stimuluspakket” aan te help nie.

Ek dag hy verstik toe hy van die verklaring lees dat korrupsie ook vasgevat gaan word.

Dit is een, groot pot suurmelk waarin steeds miljoene vloei net om die koeie aan die lewe te hou.

As die ANC gaan inmeng in grond, soos hy van plan is, gaan Suid-Afrika gou lyk soos Ace se Vrede-suiwelskema. Dit is een, groot pot suurmelk waarin steeds miljoene vloei net om die koeie aan die lewe te hou. Nie een arme mens kry ’n slukkie melk nie, maar die vet katte loop weg met die kontrakte.

Dit is nie die plan dat swart Suid-Afrikaners meer grond moet bekom wat ’n Robert Mugabe in die ANC se plan laat opduik nie. Dit is wat die ANC se geskiedenis vir jou uitspel oor hoe hy sy eie planne uitvoer, wat gevaarligte laat flikker. Verskeie senior ANC-lede in die Vrystaat het reeds plase bekom. Dit is hierheen wat staatsgeld vloei en die wild uit reservate verskuif word. Dit is een, groot, vet rykwordskema vir kaders. Dit is die goeie, gewone swart boere wat elke dag swoeg om op hul plase te produseer en genoeg geld te verdien sodat hulle hul gesinne kan onderhou, wat steeds gaan sukkel om meer grond en ondersteuning te kry.

Meer as 50% van grond wat in die mark gekom het kon vir swart boere aangekoop word met die sowat R80 miljard wat in Eskom gesteel is en sowat R100 miljard wat oor 20 jaar met ondoeltreffende amptenare en korrupsie met die grondproses in die water gegooi is.

Geen bank sal die ANC of die staat se woord neem dat die proses eerlik en deursigtig gaan wees om lenings vir die nuwe “eienaars” te gee nie.

Geen bank sal die ANC of die staat se woord neem dat die proses eerlik en deursigtig gaan wees om lenings vir die nuwe “eienaars” te gee nie. Die boere gaan wel titelaktes kry, is Woensdag belowe. Maar as die vorige eienaar sy onteiening in die hof gaan betwis, kan die regstryd oor een plaas jare duur. In dié tydperk sal die nuwe boer op die plaas geskroef wees.

Daarvoor het die ANC ook ’n antwoord: Hy gaan nuwe banke begin. Só, die regering gaan bestaande boere se belastinggeld gebruik om hul plase af te vat om die nuwe eienaars te befonds wat die handelsbanke nie wou doen nie. Dit terwyl wit kommersiële boere in 20 jaar nie ’n sent staatshulp gekry het nie.

Die ANC luister nie na kundiges soos boere wat al dekades ondanks regerings, droogtes, rampe, jakkalse, diewe en moordenaars swoeg om vir sy kiesers kos te voorsien nie. Grond is belangrik, maar werk en kos is net so belangrik.

Die staat sal en kan nie net grond afneem nie. Daaroor kan ons gerus wees. Maar ons moet wakker slaap met die ANC.

Ons boere ken jakkalse baie goed. En dis ’n rooijakkals dié met baie kommuniste in.

Meer oor:  Charles Smith  |  Plase  |  Anc  |  Mening  |  Grondwet  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.