Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC se dae by stembus getel?
Rapule Tabane

Gemeet aan die woede van Suid-Afrikaners oor die blatante stroping in ANC-geledere van geld wat bedoel is vir persoonlike beskermende toerusting, wonder ek of mense se oë uiteindelik oopgaan.

Kan dit die einde van die ANC se oorheersing in die regering wees?

Uit ’n optimistiese oogpunt, beslis ja.

Suid-Afrika het ’n meer uiteenlopende keuse nodig én ’n regering wat die regte besluite neem. Maar ons 25 jaar van demokrasie het ook bewys dis nie noodwendig die geval nie. In dié tyd het Suid-Afrika van die meeste diensleweringsbetogings ter wêreld beleef, maar elke­ verkiesing het kiesers weer gestem vir die regering vir wie hulle kwaad is.

Tog het die ANC nog nooit die vlakke van openbare woede ervaar wat ons nou sien nie, met #VoeRtsekANC wat nou al twee weke deel is van gesprekke op sosiale media. Dit lyk of die publiek begin insien dat hulle te optimisties was om te verwag dat korrupsie saam met Jacob Zuma sou verdwyn.

Suid-Afrikaners besef nou dat pres. Cyril Ramaphosa dalk goeie bedoelings het, maar hy is steeds deel van die ANC en die party het ’n kultuur van plundering. Ramaphosa se beloftes van skoon regering het nie die diepliggende verrotting in die party, waarin selfsugtige belange eerste gestel word en jy die meeste van die tyd daarmee wegkom, uit die weg geruim nie.

Terloops, ons het verlede jaar gestem. Hierdie ouens gaan nog vir die volgende vier jaar in beheer wees.

Terloops, ons het verlede jaar gestem. Hierdie ouens gaan nog vir die volgende vier jaar in beheer wees. Maar met die munisipale verkiesing wat volgende jaar plaasvind, het kiesers die kans om beslissend téén korrupsie te stem.

Voor verlede jaar se verkiesing het talle mense gesê hulle weet nie vir wie om te stem nie. Hulle wil nie vir die ANC stem nie, maar ook nie vir die DA of die EFF nie. ’n Stem vir ’n kleiner party het vir baie gevoel soos ’n vermorsing. Ons probleem is ons wil nie die ANC behou nie, maar het nie genoeg vertroue in enige van die ander partye nie.

My antwoord daarop is om te stem vir die party wat die minste boos is. Dink jouself in wat die ergste scenario kan wees wat die samestelling van ’n regering betref en probeer dit vermy.

Die konstitusionele hof het in Junie bevind dat die Kieswet ongrondwetlik is omdat dit nie voorsiening maak vir onafhanklike kandidate om hulself in provinsies en op nasionale vlak verkiesbaar te stel nie.

Dié bevinding sal ons bevry van die diktatorskap van politieke partye en ons toelaat om individue wat ons vertrou, te benoem om ons te verteenwoordig, selfs al is hulle nie lid van enige politieke party nie. Ons kan reeds in die munisipale verkiesing vir onafhanklike kandidate stem, maar tot dusver was daar nie genoeg van hulle om die politieke establishment te skud nie.

Die finansiering van verkiesingsveldtogte, waaraan groot politieke partye báie geld bestee, hou onafhanklike kandidate gewoonlik terug. Maar daar is ’n parlementêre proses aan die gang om die finansiering van verkiesingsveldtogte deursigtiger te maak.

Die konstitusionele hof het die parlement 24 maande gegee om die Kieswet te wysig om op provinsiale en nasionale vlak voorsiening te maak vir onafhanklike kandidate.

Dit beteken dié kandidate behoort aan die volgende nasionale verkiesing in 2024 te kan deelneem.

Dit gaan ons toelaat om die beste kandidate – swart of wit, mans of vroue, oud of jonk – te kies om na ons aspirasies vir die land om te sien. So ’n stelsel sal hopelik ook ’n meganisme hê wat dit moontlik maak om parlementslede voor die einde van hul termyn te herroep indien hulle nie hul kiesafdelings behoorlik verteenwoordig nie.

  • Tabane is politieke redakteur van City Press.

Standpunt

Meer oor:  Rapule Tabane  |  Stembus  |  Kiesers  |  Korrupsie  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.