Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC se verwaarlosing van infrastruktuur haal hom in

Toe die ANC in 1994 die bewind oorneem, het hy ’n goed funksionerende staat – ver van perfek, maar bevredigend – geërf. Die fisieke en finansiële infrastruktuur het op redelik stewige fondamente gestaan; miljoene is jaarliks in die uitbreiding en instandhouding daarvan belê.

Daarteenoor was die feit dat wit mense dit veel beter as swart mense gehad het. Dit was nie slegs swart mense se maatskaplik-ekonomiese omstandighede wat swakker was nie – kolonialisme en apartheid het hul psige, hul gevoel van eiewaarde aansienlik aangetas. Die ANC het met blink oë beloof dat alles in die land anders sou word.

Leopold Scholtz

En inderdaad, die feit dat swart mense nou in die hoogste raadsale sit en besluite neem, in deftige kantore sit en in weelderige ampsmotors rondgery word, het ongetwyfeld iets vir die herstel van swart waardigheid beteken. Sonder dat ’n mens die gewig van dit alles een enkele aks wil verminder, is dit wel ook ’n nugtere stelling dat méér as dit nodig is om ’n moderne staat te laat funksioneer.

Jy het eerlike, bekwame en ervare mense nodig om die masjinerie aan die draai te hou. Jy moet die masjiene in stand hou en, wanneer nodig, nuwes aanskaf. Anders gestel: Paaie en spoorlyne moet herstel en nuwes moet aangelê word. Daar moet toesig gehou word dat watervoorsiening en alles wat daarmee gepaardgaan vlot bly verloop. Kragvoorsiening, waarsonder die ekonomie in pre-industriële toestan-de sal verval, moet behoorlik aan die gang bly.

Dit wil voorkom of die ANC-regering nie een van bogenoemde vereistes kan nakom nie.

Net vandeesweek moes Eskom sonder waarskuwing beurtkrag instel toe “nog ses” kragopwekkingseenhede luidens ’n verklaring die gees gegee het. Wat my as onkundige laat vra: Kon Eskom dit dan nie sien aankom het nie? Wat is die gehalte van die instandhoudingswerk?

Vandaar dat die spoorwegvervoernetwerk baie naby aan ineenstort is. Vandaar dat Eskom byna bankrot is en waarskynlik geprivatiseer sal moet word. Vandaar dat die steierende SAL met miljarde se staatsteun orent gehou moet word.

En intussen is dit veral die armes in die townships wat die gelag betaal. Die ANC se leuse: “A better life for all”, klink wrang as jy kyk na die volledige wanbestuur van die afgelope kwarteeu.

En intussen is dit veral die armes in die townships wat die gelag betaal.

Intussen bestee die regering geld asof dit uit ’n bodemlose put kom. Die staat se salarisrekening neem die laaste dekade met gemiddeld 11,2% per jaar toe terwyl belastinginvordering afneem. As die magtiges steel, hoekom sal ons belasting betaal?

Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede was indrukwekkend.

Maar is hy in staat om die skip om te draai? Wanneer kiesers in Mei stembus toe gaan, moet hulle goed nadink of die ANC nog ’n kans verdien.

  • Scholtz is ’n onafhanklike kommentator.
Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.