Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC-tjor rammel ná 107 jaar voort
Gert Coetzee

Met die viering van die ANC se 107de verjaardag wat Saterdag met die 8 Januarie-toespraak deur Cyril Ramaphosa, partyleier, ’n hoogtepunt bereik, is die noodwendige vraag wat die stand van die party meer as ’n eeu ná sy stigting is.

Die antwoord hierop sal afhang van aan wie die vraag gestel is. Daar moet ook in gedagte gehou word dat twee plus twee nie noodwendig in die ANC se eie hand­leiding aan vier gelyk is nie. Dat op die ANC-leiers se rondgaande sirkus van­deesweek in KwaZulu-Natal hoog opge­gee word oor die “integriteitstoets”, “eenheid” en “nie-rassigheid” in die party staaf dit. Terwyl dié kommoditeite in die skisofreniese ANC so skaars is soos ’n vierkantige sirkel – ’n teenstrydigheid wat in taalterme ’n oksimoron heet.

Die woordeboek sê “integriteit” behels eerbaarheid, eerlikheid, opregtheid, on­om­koopbaarheid, onkreukbaarheid en beginselvastheid.

Die woordeboek sê “integriteit” behels eerbaarheid, eerlikheid, opregtheid, on­om­koopbaarheid, onkreukbaarheid en beginselvastheid.

Hê? Staatskaping; geldverduistering; toesmeerdery; kaderpolitiek. En Jacob Zuma, Malusi Gigaba en Bathabile Dlamini op die (uitgelekte) kandidatelys.

Die etiese paradoks spreek vanself.

Oor “eenheid” in die ANC. Die stryd tussen die Zuma-renegate en die CR-“hervormers” (ja, aanhalingstekens) om die hart en siel van die ANC en die beurs van die staat woed op sy felste.

Oor “nie-rassigheid”: Die foto van die ANC-topses by die verjaardagkoek weerspreek dit. Asook die samestelling van die party se nasionale, provinsiale en munisipale ampsdraers. Die beste werwingsaksie vir ware nie-rassigheid sou juis “integriteit” (insluitende bekwaamheid en werksetiek) wees.

Die ANC het in 1912 in Bloemfontein as ’n organisasie vir swart belange en grondbemagtiging ontstaan.

Die ANC het in 1912 in Bloemfontein as ’n organisasie vir swart belange en grondbemagtiging ontstaan. Oor die dekades heen het Cosatu en die SAKP bygekom en bevryding van apartheid het sy kernsaak geraak.

In die 8 Januarie-toespraak van 1979 het Oliver Tambo, ANC-leier toe, oor die gewapende stryd gesê: “We have failed to reach our cherished goal of peace the soft way. It is clearly impossible to avoid the hard way to peace.”

En in ’n evaluering ná 107 jaar bly die vryheidstryd die saak waarmee die ANC groot welslae behaal het. Soos elders in Afrika het die vryheidsvegters as regeerders egter klaaglik misluk met die boom wat in die Zuma-presidentsjare uitgeval het.

’n Kepie op sy kerfstok is dat hy die raktyd van 25 jaar as bewindsparty van Afrika-bevrydingsorganisasies oorge­steek het.

’n Kepie op sy kerfstok is dat hy die raktyd van 25 jaar as bewindsparty van Afrika-bevrydingsorganisasies oorge­steek het. Dié “prestasie” is te danke aan sy getal-meerderheid en nie aan knap staatsbestuur nie. Hy kan doen wat hy wil. Verrot en onbekwaam, of te nie.

Die onderskeidende ANC-kenmerk ná 107 jaar is dus kwantiteit en nie kwaliteit nie. In skrywerstaal word hy deur die edik van “showing is better than telling” verraai. Wat die ANC sê, strook nie met wat die ANC doen nie.

Die vrugte wat sy aard verraai, is: Die gehawende stand van ons land met die infrastruktuur en dienste wat in ons provinsies, stede en dorpe inplof; die selfverrykende regerings-elite wat die ryk lensiesop vraatsig opslurp en hul arm kiesers, vir wie hulle voorgee om dit veil te hê, so versaak, en die arrogante wyse waarop teregwysing met die raskaart geantwoord word.

Ja, daar is pogings tot skoonmakery en deursigtigheid. ’n Jakkals verander van hare, maar nie van streke nie. Die ANC faal die integriteitstoets. En is net vir kiesers wat daarmee kan saamleef dat hulle vir Jacob Zuma ook stem.

Ná 107 jaar rammel die ANC se ver­roeste tjor met ’n nuwe bestuurder voort. Maar hy is ook die party wat in Mei met ’n vol­strekte meerderheid sy bewind in 2019 gaan hervat. As sodanig, is Suid-Afrika lotsgebonde aan hom verbind.

Ons rammel dan voort – hopelik met versoolde bande aan die ANC-tjor.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Verjaarsdag  |  Korrupsie  |  Anc  |  Demokrasie  |  Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.