Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
ANC wat brand eerder as NW agter terugtog
Barnard Beukman

Die een oomblik was pres. Cyril Ramaphosa nog omring deur die prag en praal van Londen se raadsale van mag. Skaars 16 uur later het sy bloulig-ampstoet Mahikeng in Noordwes gister binnegery.

In Londen was sy boodskap, sonder om doekies om te draai, hy soek beleggings. En hy het selfs sy persoonlike ervaring in die private sektor as deel van die pakket ingegooi. “Toe ek in die private sektor was, het jy ’n balansstaat gebou en dit is hoe ek dit nou benader.”

Hy sê ook die skep van ’n omgewing wat beleggingsvriendelik is, sluit in doeltreffende bestuur in die regering, “wat ’n nuwe era van hoop en vertroue inlui”.

Skaars was sy woorde koud of hy moes sy besoek inderhaas kortknip en na Suid-Afrika
terugkeer. Noordwes het begin brand met grootskaalse geweld en plundertogte uit protes teen die swak dienslewering van
Supra Mahumapelo, die Jacob Zuma-gesinde premier van die provinsie.

Dit is nie die eerste keer dat gewelddadige protes in die land en Noordwes losbreek nie. Was die hele drama van die skielike terugkeer nie dalk ’n onnodige en skadelike oorreaksie nie? Hoe moet dit lyk vir die hardekop-beleggers wat pas meegevoer is deur Ramaphosa se betowerende dineesjarme?

Die waarheid is waarskynlik dat hy nie tot ’n vroeëre terugkeer beweeg is weens Noordwes wat brand nie.

Die waarheid is waarskynlik dat hy nie tot ’n vroeëre terugkeer beweeg is weens Noordwes wat brand nie. Maar eerder weens die ANC wat brand.

In Mail & Guardian word verskeie bronne in die steeds alomteenwoordige Zuma-kamp aangehaal dat “optrede teen korrupsie as verskoning gebruik word om ons uit te dryf”.

Hulle dreig ook dat hulle gaan terugslaan deur veral in KwaZulu-Natal te mobiliseer en nie wegskram om Zuma self daarvoor in te span nie.

Mahumapelo is een van die selfaangestelde sterkmanne uit die Zuma-era en lek ook nog aan die wonde van die nederlaag wat gely is deur Ramaphosa se verkiesing.

P

Daar is selfs bewerings dat ANC-raadsledeagter die sabotasie van waterpompe sit sodat hulle die tenders vir die aanrywerk met watertenkwaens kan kry.

ogings om hom te ontsetel sal nie sonder ’n kragtige skudding in die Noordwes-ANC gebeur nie en sterk skokgolwe deur die organisasie landwyd – ook op leiersvlak – veroorsaak.

En besluit die hof dat daar ’n geheime stemming oorweeg mag word vir die EFF se mosie van wantroue in Mahumapelo, kan sommige ANC-lede dalk net help om hom inderdaad tot ’n val te bring.

Hy word al bykans sy hele termyn lank omhul deur ’n wolk van beweerde korrupsie, vriendskapsbande met die Guptas en dienslewering wat bykans heeltemal tot stilstand geknars het in Noordwes.

Daar is selfs bewerings dat ANC-raadslede in dorpe in die provinsie agter die sabotasie van waterpompe sit sodat hulle die tenders vir die aanrywerk met watertenkwaens kan kry.

’n Hooggeplaaste bron uit die ou bedeling – wat nog in die staatsdiens oorleef – meld terloops dat Noordwes ook in 1994 met ’n agterstand begin het. Dit omdat die PW Botha-regering reeds die geldkrane na die ou Wes-Transvaal begin toedraai het weens die oorname van kiesafdelings deur die destydse Konserwatiewe Party.

Maar of dit nou gaan oor dienslewering, Mahumapelo se onbevoegdheid of die magstryd in die ANC, dis oor na Rama- phosa . . .
Beukman is redakteur van Beeld.

Meer oor:  Mahikeng  |  Noordwes  |  Brittanje  |  Brand  |  Mening  |  Anc  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.